Ask an expert
Question

07 Nov 2006

Goeie ortopeed?
Goeie dag Dokter

Ek wil graag na 'n ortopeed gaan om te kyk na knock knees - al 2 my bene het die probleem asook Club foot - wat albei my voete is.
Ekt talle operasies gehad toe ek jonger was - maar die knie het niks verbeter nie - eks tans 32jaar oud.

Ek sal graag ook wil laat kyk of my voete nie beide net effens beter kan lyk na 'n operasie nie, ek sal se dat hulle met die operasies + - 60% verbeter het, maar ek sukkel baie met skoene kry.

Ek woon in Pretoria - maar is bereid om enige plek in SA te reis om die beste ortopediese dokter te sien.

Baie dankie
Answer 9,583 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Beste Jo-leen
Dr Daan du Plessis in Pretoria is 'n uitstekende ortopeet- spesialisee in knie chirurgie. Ek weet nie of hulle op jou ouderdom nog chirurgie oorweeg nie, maar hy sal die beste raad kan gee en mooi kan evalueer wat nog gedoen kan word. Het ongelukkig nie sy telefoonnommer nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.