Ask an expert
Question

19 Nov 2005

kalsuimaanvulling , HVT, alternatiewe medisyne
Besig om beendigtheidsmasse te verloor en is in oorgangsjare. Is dit nodig om HVT te moet gebruik vir die probleem of kan net 'n kalsuimaanvulling gebruik word. My mamogram ondersoek is egter heeltemal in orde sonder enige probleme. Ek voel nie gerus oor die newe-effekte van HVT behandeling nie aangesien daar geen kanker by my is nie. Sal u raad waaardeer. Baie dankie Rina
Answer 1,182 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Beste Rina
Indien jy nie gerus voel om HVT te gebruik nie, is daar baie ander middels om osteoporose mee te behandel. Ongelukkig is HVT steeds die mees effektiewe manier om post-menopousale beenverlies te voorkom, maar dit is nie geskik vir almal nie. Ek weet nie hoe baie beenmassa jy al verloor het nie, maar as dit marginaal is kan jy jou kalsiuminname opstoot na 1500 mg per dag, ten minste 4 maal per week gewigdraende oefening( soos stap) doen, alkohol beperk tot 1 drankie per dag en moenie rook nie. Jy kan dan weer na 'n jaar 'n beendigtheid toets laat doen en kyk of daar betekenisvolle beenverlies was (> as 5%). Indien jy reeds egter betekenisvolle beenverlies het, behoort jy met meer aktiewe medikasie behandel te word. Skakel die Osteoporose Stigtin by 021 931 7894 vir meer inligting.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.