Ask an expert
Question

17 Jul 2006

MENOPOUSE EN OSTEOPOROSIS
Ek het al reeds in my 20's 'n historektomie gehad en sedert 33 jaar op hormoonaanvullings.My eggenoot het wel my gestamp dat ek my laer rug seergemaak het, maar deesdae ondervind ek baie pyn in die laer rug en my bene so by so dat ek al hoeveel keer geval het van my bene wat net padgee. Kan dit verband hou met Osteoporosis aangesien die ginekoloog genoem het sodra menopouse intree dit 'n invloed op my been struktuur kan he.Verder gebruik ek Parnate (MAOI) waar ek nie baie kalsium kan inneem nie. Kan dit ook 'n effek he. Of sal dit alles slegs van die rugbesering wees.Ek kan finansieel nie na 'n privaat dr gaan vir Osteoporosistoets nie.Wat gebeur in so geval?
Answer 521 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Beste Outjie
Ek dink die pyn en ongemak wat jy ervaar klink meer na osteo-artritis ("wear and tear") van die laer rug. Dit kan ook verwysde pyn na die bene veroorsaak. Ek dink egter jy behoort deeglik deur 'n internis ondersoek te word sodat hy kan x-strale neem en die nodige toetse doen om vas te stel hoekom jou bene so swak is en onder jou ingee. Jy kan 'n afspraak maak by jou naaste staatshospitaal se Interne Geneeskunde departement. Hulle kan jou dan ook verwys vir 'n Beendigtheidsbepaling om te toets vir osteoporose. Vra jou huisdokter vir 'n verwysing na die hospitaal.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.