Ask an expert
Question

15 Jul 2008

PYN EN STYFHEID
Hello Dr,

Ek wonder of u my kan help. My man het 'n vreeslike styfheid in al sy ledemate. Hy kla dat in sy heupe is dit seer sowel as sy skouerknoppe en dan is sy spiere ook styf. Hy sê dit voel asof hy die comrades gehardloop het. Bloedtoetse is gedoen en ek het 'n paar van die uitslae wat ek gou met u kan deel !! Uric Acid .57 ; CRP 37.2 ; RHEUMATOID FACTOR <20.

Wat kan fout wees.??? Hy het nou al die volgende medikasie gebruik; vanaf 03 Julie 2008, Arthrexin Supp, Voltaren pille, Cataflam D, Panafort, Coxflam 7.5mg. Met al die goed sukkel hy nog steeds. HELP ASB.
Answer 2,821 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Hello
Ek hoop hy is by 'n rumatoloog wat spesifiek na die gewrigte kyk. Bloedtoetse toon nie of daar oste-artritis in die gewrigte is nie en x-strale is nodig. Al die medikasie wat jy noem, is anti-inflammatoriese pille en soms neem dit 'n rukkie om te begin werk. As hy nie by 'n spesialis rumatoloog is nie, stel ek voor jy maak 'n afspraak by een.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote