Ask an expert
Question

19 Jul 2005

Glucophage
Hallo daar.

Ek wil net graag weet ek is gedianotiseer met pcos en die dokter het glucophage voorgeskrif want hy ek my insulin level getoets en dit was hoog wat doen die medikasie is dit net om die insulin af te bring. Wat gebeur as jou insulin level hoog is en 'n mens los dit net. Hoeveel is die mediskasie en betaal nie medies vir dit.

Dankie
Answer 1,259 views
Expert
Pharmacist
pharmacist

01 Jan 0001

Liz

Glucophage bevat die aktiewe bestanddeel metformien en is 'n middel wat help om jou bloedsuiker op verskeie maniere in toom te hou. Dit help onder meer om jou liggaam in staat te stel om beter te reageer op natuurlike insulien; verlaag die hoeveelheid suiker wat jou lewer produseer en verlaag ook die hoeveelheid suiker wat deur jou spysverteringskanaal opgeneem word. Dit help jou dus om jou "reeds bestaande" insulien beter te benut en veroorsaak nie dat die liggaam meer insulien vorm nie.
Dit is van die goedkoper medisyne op die mark en verskeie (selfs goedkoper) generiese ekwivalente bestaan, en ja, jou mediese fons behoort daarvoor te betaal.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.