Ask an expert
Question

20 Nov 2005

Sinus behandeling
Ek sukkel met 'n kroniese sinus probleem, self 'n operasie het nie gehelp nie. Ek het talle voorskrif medikasie gebruik, maar dit het slegs die kwaal verlig, maar nie genees. Ek het 'n boek gekoop, Alternatiewe Kure, waarin gemeld word dat N-asetiel-sisteien (NAS) aangewend kan word vir sinus behandeling onder andere. Ek het my apteker daarom gevra, maar sy dra nie kennis van die produk nie. Kan u my inlig waar om die produk te koop te kry?
Answer 2,053 views
Expert
Pharmacist
pharmacist

01 Jan 0001

Johan,

N-asetielsistein is algemeen beskikbaar in byna alle apteke as die produk ACC-200 of Solmucol. Maak ook asb seker dat indien jy by 'n apteek om soortgelyke raad vra dat jy wel met die Apteker gesels, en nie 'n assistent nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.