Ask an expert
Question

23 Oct 2009

Spierspasma?
Hi dok, ek het al n paar jaar skouer pyn in my regter skouer. Ek gebruik my regterhand baie en werk elke dag op n rekenaar. Ek het skoliose in my rug en die dokters se dis maar net spierspasma alhoewel ek al by n fisio was en dit werk maar net as ek elke 2de dag gaan. Ek kan nie elke 2de dag gaan nie, dot raak wild. Kan dit regtig net dit wees? is daar nie n meer permanente manier om die pyn te beheer nie. Die skouer gaan partymaal heeltemal dood van die pyn en dit trek in my nek op. Kan dit van die skoliose wees of dalk n gewrig probleem? ek sulke met al my gewrigte dat dit redelik seer is en gebruik nou n kalsium aanvulling wat help maar nie vir die skouer nie.
Answer 12,917 views
Expert
Shoulder Doc
Shoulder Doc

01 Jan 0001

Beste Daleen,

Dit is onwaarskynlik dat spierspasma soveel pyn en ongerief vir so lank sal veroorsaak. Daar is verskeie oorsake wat oorweeg moet word en ek sou voorstel dat jy 'n spesialis sien om jou te onersoek, X-strale te doen en die diagnose te bevestig. Kyk ook na ons webwerf : www.shoulderinstitute.co.za en spesifiek na "shoulder Pain". Daar sal jy ook moontlik van jou simptome herken en dan kan mens daarvandaan werk

Groete,

Dr Joe de Beer
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9364 votes
No
67% - 19337 votes
Vote