Share

Wat dit verg om 'n US Navy Seal te word

Wat behels dit om 'n sogenaamde US Navy Seal (SEa, Air and Land) te word, die soldate wat gestuur is om die Al-Qaeda-leier Osama bin Laden op te spoor en uit te skakel?

Die seals, krygsmanne van die see, lug en land kry nie so maklik hulle titels nie. Om een van hierdie fisiese en geestelike superwesens te word, moet jy 'n uitmergelende 30-maande opleidingskursus deurstaan, insluitende die berugte "Hellweek".

Die bevegting van terrorisme (counterterrorism) is maar 'n vyfde van wat die Seals opgelei word om te doen. Hulle missies sluit in:

  • Nie-konvensionele Oorlogvoering: 'n tipe onortodokse, maar slim strategie om bedreigings deur middel van lokvalle, afleidingsaanvalle, stroping, ens. te elimineer.
  • Buitelandse Interne Verdediging: die vestiging van verhoudings met ander lande deur aan te bied om buitelanders op te lei.
  • Direkte Aksie: aanvalle wat die bevryding van gyselaars en aanvalle op land- en seeteikens insluit.  
  • Spesiale Verkenning: monitering, waarneming en die inwin van militêre inligting.

Vereistes vir aanname

Niemand word oornag 'n seal nie. Toegang tot die seal-opleidingsprogram is vrywillig, maar jy moet eers hulle basiese vereistes slaag.

Die vereistes sluit in: jy moet 'n man, 'n aktiewe lid van die Amerikaanse vloot en 28 jaar of jonger wees; jy moet ook oor uitstekende visie beskik, jy moet die Armed Services Vocational Aptitude Battery slaag, en die heel belangrikste, jy moet hierdie fisiese siftingsproses slaag:

Oefening

Minimum

Gemiddeld

Optimum

1. Swem 450m, gevolg deur 10 minute rus

13 minute

10 minute

9.5 minute

2. Opstote binne 2 minute, gevolg deur 2 minute rus

42

79

100

3. Opkrulle vir 2 minute, gevolg deur 10 minute rus 

50

79

100

4. Optrekke sonder tydsbeperking, gevolg deur 10 minute rus

6

11

25

5. Hardloop 2.4km

12.30 minute

10.20 minute

9.20 minute

Opleiding

As jy aan al die voorvereistes voldoen het, begin die werklike pyn. Die totale opleidingskursus van 30 maande begin met Basiese Onderwater Vernietiging wat sewe maande duur.  

Die Basiese Onderwater Vernietiging-kursus word in vier dele verdeel: 

  1. Indoktrinering  
  2. Basiese kondisionering   
  3. Skuba-opleiding 
  4. Land-oorlogvoering-opleiding   

Aan die einde van die Basiese kondisionering vind die berugte Hel-week plaas.

Hel-week is basies 'n week-lange uithou-oefening wat enige voornemende seal fisies en geestelik tot op die uiterste beproef. Hel-week begin op 'n Sondagaand en eindig die daaropvolgende Vrydagaand. Die leerlinge is die hele tyd fisies aan die gang onder nat, koue en modderige toestande, en is ook voortdurend honger. Dit is so erg dat hulle konstant deur mediese personeel gemonitor word.

Voorbeelde van wat verwag word, sluit in die dra van reddingsbote by sandduine uit, herhaalde opstote/optrekke/opsitte, hardloop en ongewone oefensessies in die see en modder.

Die leerlinge ly ook gedurende hierdie week aan ernstige slaaponthouding. Hulle kry die hele week net 'n totaal van vier uur slaap. Die instrukteurs laat hulle net toe om te slaap totdat hulle REM-slaap, 'n toestand wat deur vinnige oogbewegings gekenmerk word, bereik, en maak hulle dan wakker.

Ongeveer 70% van die kandidate vorder nooit verder as die Basiese Onderwater Vernietigings-kursus nie en die meerderheid bly gedurende Hel-week in die slag. Die instrukteurs herinner die kandidate konstant daaraan dat hulle kan handdoek ingooi deur eenvoudig 'n blink bronsklok te lui wat van dwarsoor die kamp sigbaar en hoorbaar is.

Kyk 'n bietjie na hierdie opname en vra jouself: "Is ek fiks genoeg om 'n Navy Seal te word?"

(Kyle Boshoff, Health24, Mei 2011)

(Verwysings: US Navy Physical Fitness Guide, About.com, Howstuffworks.com, scribd.com, News24)

Lees verder:

Osama bin Laden
'n Nalatenskap van vrees

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think South Africa has descended into a mafia state?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, that’s a bit extreme
3% - 5 votes
Yes, and it’s becoming normalised
97% - 161 votes
Vote
Rand - Dollar
18.24
+0.4%
Rand - Pound
22.46
+0.2%
Rand - Euro
19.75
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.20
-0.2%
Rand - Yen
0.14
+0.1%
Platinum
967.13
-0.1%
Palladium
1,412.18
+0.4%
Gold
1,953.18
-0.2%
Silver
22.91
-0.8%
Brent Crude
78.12
+4.0%
Top 40
70,778
+1.4%
All Share
76,295
+1.3%
Resource 10
66,374
+2.2%
Industrial 25
103,358
+1.1%
Financial 15
15,573
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE