Share

Wêreldbeker-potjierol?

Gaan jy vir die volgende paar weke na die Wêreldbeker kyk? En is die rusbank die enigste ding wat oefening gaan kry? Hier is wat jy moet doen om te sorg dat jy nie in ’n potjierol ontaard nie.

Bierboep-blaps

Sport en bier – hierdie twee dinge is soos vinkel en koljander. So, wat maak ’n mens? Jy hoef nie ’n geheelonthouer te word nie, maar hou net in gedagte dat bier baie kilojoules bevat – moenie vir elke punt wat aangeteken word enetjie wegpak nie. Dieselfde geld vir ander alkoholiese drankies.

Vreetsaam verkeer

Hoe meer intens die spel, hoe vinniger stop jy die biltong, blatjang-tjips of grondboontjies in jou mond. Hierdie versnaperinge is vol vet en sout en jaag jou kilojoule-inname die hoogtes in, om nie te praat van jou middellyf-mate nie. Moenie versnaperinge as ’n refleks-aksie eet wanneer die spanning hoog loop nie. Peusel liewer aan vrugte of iets anders wat gesond is.  

Oefening is uit

Maak ’n gewoonte daarvan om te gaan stap of draf voor of na ’n wedstryd. Selfs net ’n kwartier se oefening is beter as niks. Kry jou sirkulasie en vertering aan die gang – jou tyd op die rusbank is beslis intens, maar dit kwalifiseer definitief nie as ’n oefensessie nie.  

Pizza-pret

Wie voel nou lus om te kook wanneer jy vasgenael voor die TV sit? En wat is meer gerieflik as om ’n pizza te laat aflewer? Jy hoef nie eers van die TV weg te kyk terwyl jy die geld by die voordeur oorhandig nie. Maar onthou, pizza is miskien elke nou en dan net die regte ding, maar as jy besef dat die grootste keuse wat jy die afgelope maand oor kos gemaak het ‘Four Seasons’ of ‘Hawaiian’ was – daar dalk ’n probleem is. Kook sommer ’n groot klomp ordentlike kos, vries dit en stop dit in die mikrogolf wanneer jy honger is. Dit is ook heelwat goedkoper.

Rookseine

Jou span het dringend punte nodig en die tyd raak min. Jy rook soos ’n skoorsteen en jou pakkie sigarette is al byna leeg. Wanneer jy die stadium bereik dat jy begin kettingrook, moet jy weet jy’s in die moeilikheid – en met die huidige wetgewing kan jy nie eers die sigaret-advertensies om die speelveld beskuldig nie. 

Spaar tyd met aanlyn-inkopies

Dit neem net ’n paar minute in vergelyking met ure se toustaan. Vul jou lysie aanlyn in, stuur dit weg en wag vir die aflewering – jy’s in elk geval by die huis. Onthou die vrugtesap, die Rooibos en die vars vrugte en groente.

Mikrogolf-wonderwerke

Tensy jy ’n TV in die kombuis het, gaan jy oor die volgende paar weke nie tydrowende kookeksperimente uitvoer nie. Maar jy moet eet. Daar is niks eenvoudiger as om klaar voorbereide kos in die mikrogolf te ontdooi, of ’n paar stukkies groente gaar te maak nie.

Basiese raad

As jy lank gaan sit of lê, wees so gemaklik as moontlik. Kry ’n gemaklike stoel wat darem sagter as ’n stadion-bank is – realiteit-TV is nie hier ter sake nie. Sit liewer regop as om in jou stoel te lê – dit plaas minder spanning op jou rug.

(Susan Erasmus, Health24, hersien Augustus 2011)

Besoek Health24 se 2011 Rugby Wêreldbeker Fiksheidsblad.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Who do you think should lead the Democratic Alliance after the party’s upcoming national congress in April?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
John Steenhuisen for sure, he’s got the experience
63% - 1541 votes
Mpho Phalatse, the DA needs a fresh outlook
37% - 919 votes
Vote
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pound
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Yen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Gold
1,978.67
0.0%
Silver
23.23
0.0%
Brent Crude
74.99
-1.2%
Top 40
69,181
-1.3%
All Share
74,695
-1.2%
Resource 10
64,294
-1.4%
Industrial 25
101,619
-1.0%
Financial 15
15,178
-1.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE