Anafilakse

Anafilakse

As allergieë jou lewe bedreig

  1. Ernstige anafilaktiese reaksies is dikwels skielik en behels gewoonlik ’n baie benoude gevoel op die bors, duiseligheid, gesigswelling en floute. Dit is lewensgevaarlik as dit nie behandel word nie.
  2. As jy enigsins op kos, medisyne of inseksteke reageer, moet ’n dokter ’n allergietoets doen. Dra ’n Medic-Alert-armbandjie en vermy ten alle koste die stof waarvoor jy allergies is.
  3. ’n Ligte anafilakse behels ’n tintelende en warm gevoel in die hande en voete en ’n vol gevoel in die mond en keel. Gaan dokter toe as dit jou oorkom.

Bonuswenk

  • Hou altyd ’n adrenalienspuit en ’n antihistamien soos Phenergan byderhand, As jy ’n anafilaktiese reaksie het, moet albei so gou moontlik toegedien word en moet die nooddiens gebel word.
  • Besoek die webwerf www.allergysa.org vir goeie inligting oor allergieë.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24