As jy inligting wil onthou, skryf dit neer, moenie tik nie

Soos rekenaartoetsborde toenemend penne vervang, dui nuwe navorsing daarop dat ons ’n prys betaal vir hierdie oorskakeling: die verlies van ’n kritieke breinaktiwiteit wat deel is van die leerproses, en op ’n unieke manier aan die ou kuns van handskrif gekoppel is.

Die besorgdheid spruit uit die resultate van ’n aantal eksperimente wat onlangs deur twee navorsers in Frankryk en Noorweë hersien is. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat om met die hand te skryf ’n heeltemal ander sensoriese ervaring behels as om iets op ’n toetsbord te tik, en dat die onderskeie aktiwiteite twee heeltemal verskillende dele van die brein aktiveer. 

"Ons liggame is ontwerp om fisies kontak met die wêreld om ons te maak,” sê een van die outeurs, Medeprofessor Anne Mangen van die Universiteit van Stavanger se Lees-sentrum in Stavanger, Noorweë. “Ons is lewende wesens wat daarop ingestel is om fisiese voorwerpe te hanteer – of dit nou boeke, toetsborde of penne is – om sekere take uit te voer.”   

Volgens Professor Mangen word bogenoemde stelling bewys deur toetse wat aandui dat die fisiese aksie van handskrif – letterlik die gevoel van aanraking van ’n pen op papier – blykbaar ’n “motor-herinnering” in die sensorimotor-afdeling van die brein vaslê.

Op sy beurt moedig hierdie proses die visuele herkenning van letters en woorde aan, wat aandui dat die twee oënskynlik aparte aksies van lees en skryf eintlik aanmekaar gekoppel is, verduidelik Mangen.

Gevoelsintuig en leer gekoppel  

Mangen en haar kollega, Jean-Luc Velay van die Universiteit van Marseille het saam hulle waarnemings in die joernaal Advances in Haptics gepubliseer.

Haptics, verduidelik die span, is ’n term wat na die gevoelsintuig verwys en die integrale rol wat dit speel in mense se vermoë om te kommunikeer en hulle omgewing te verken, hetsy aktief of passief, veral wat die gebruik van hulle vingers en hande betref. 

Deur te fokus op die rol van haptics in die ergonomika van lees én skryf, bespreek die outeurs die bevindings van ’n studie waar twee groepe volwassenes gevra is om ’n vooraf onbekende alfabet te leer. 

Die navorsers het bevind dat diegene wat die alfabet bestudeer het deur die letters met die hand uit te skryf, beter gevaar het in al die daaropvolgende geheuetoetse as dié wat alleenlik op rekenaars geleer het.

Verder het breinskanderings getoon dat leer met behulp van handskrif, aktiwiteit in ’n sekere deel van die brein wat as Broca se area bekendstaan, gestimuleer het, terwyl leer deur middel van die gebruik van toetsborde min of geen soortgelyke aktiwiteit veroorsaak het nie.   

Die outeurs het ook ’n ander basiese rede gemeld hoekom skryf die leerproses meer effektief ondersteun as tik: om iets met die hand te skryf, vat eenvoudig langer.


(Kopiereg © 2011 HealthDay. Alle regte voorbehou.)   

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
29% - 9753 votes
No
71% - 24014 votes
Vote