Die pil

Voorbehoeding

Wat jy oor die Pil moet weet

  1. Sommige middels kan die Pil se doeltreffendheid aantas. Vertel jou dokter van alle middels wat jy drink. Gebruik ekstra voorbehoeding in die maand nadat jy mondelikse antibiotika gedrink het.
  2. Slaan oor na nie hormonale voorbehoeding drie maande voor jy swanger wil raak. Dis makliker om swanger te raak ná gebruik van bv. ‘n kondoom as ná die Pil.
  3. Moenie ’n pil met estrogeen drink terwyl jy borsvoed nie: Dit kan jou melk verminder en is nie goed vir jou baba nie. 

Bonuswenke:

  • Die Pil kan soms ernstige newe-effekte hê. Gaan dadelik dokter toe as jy abnormaal begin bloei, hewige kopseer kry, skerp borspyne voel, bloed in jou speeksel gewaar, of as jou sig aangetas word, jou spiere swak voel of jou maag kwaai kramp.
  • Staak die Pil ná jou 45ste verjaardag, of ná 35 as jy ‘n roker is.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24