Gehoor

Jou gehoor

Pas jou ore op

  1. Vermy ’n lawaai. Dra oorpluisies of oorskutte as jy in ’n raserige omgewing werk, op ‘n lawaaierige motorfiets ry of met kraggereedskap werk.
  2. Wondergom is wonderlike oorpluisies, want jy kan dit vorm om presies in jou oor te pas. Dra dit bo-oor gewone oorpluisies as jy jou in ’n raserige omgewing bevind.
  3. MP3-spelers wat kliphard gestel is, of gereelde bywoning van luide musiekkonserte kan ook jou gehoor aantas.

Bonuswenke

  • Jy het dalk gehoorskade as jou ore suis, seer is, dit voel of daar watte in jou ore is, of as jy sukkel om te hoor nadat die musiek opgehou het.
  • Gaan spreek ’n oorspesialis of oudioloog as jy gehoorprobleme vermoed.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24