Gevaarlike simptome

Gevaarlike simptome

Pyne wat jy nie moet ignoreer nie

  1. ’n Verskriklike hoofpyn. As jy verkoue het, is dit dalk net ‘n sinushoofpyn – maar dit kan breinbloeding of ’n breingewas wees.
  2. Pyn of ‘n drukkende gevoel op die bors of in die keel, kaak, skouer, arm of buik. Dit kan ‘n hartaanval wees.
  3. Pyn in die kruis of tussen die skouerblaaie. Dis gewoonlik artritis, maar dit kan ook op ’n lewensgevaarlike skeur in die aorta dui.

Bonuswenke

  • Ander pyne wat jou dokter toe moet stuur: Hewige maagpyn (gebarste blindederm, maagseer of dermverstopping), kuitpyn (diep-aar-trombose) en naaldprikke in jou voete en bene (diabetes).
  • Het jy vae pyne sonder ’n duidelike oorsaak? Die probleem kan depressie wees.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24