Hare

Jou kroon

Wat verklap jou hare oor jou gesondheid?

  1. Geel skilfers kan op kopvelontsteking dui. Hormone, swamme of neurologiese probleme kan die sondaars wees. Behandel dit met skilfersjampoe en vra raad by ’n dokter as dit erg is.
  2. Dramatiese ervarings soos ‘n operasie, geboorte, kwaai stres of ‘n kitsdieet kan sowat twee maande later jou hare in bosse laat uitval. Dit begin meestal dadelik weer groei.
  3. Medisynes soos warfarin, antidepressante, betablokkeerders, sommige teeninflammasiemiddels, jig- en artritismiddels, voorbehoedmiddels en bloeddrukmiddels kan hare laat uitval.

Bonuswenke

  • Voedingstowwe vir gesonde hare sluit in proteïen, yster, omega 3-vetsure, sink en vitamien A. Laekalorie-diëte is mooi hare se vyand en ’n eetversteuring kan jou hare laat uitval.
  • ’n Haarstuk, vlegsel of poniestert wat te styf sit, kan hare beskadig en laat uitval.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24