Hartsimptome

Jou hart

Herken dié gevaarsimptome

  1. Koronêre bloedvatsiekte: Die algemeenste simptoom is angina. Dit voel gewoonlik asof iemand op jou bors druk of jou hart vasdruk. Ander simptome is kortasemigheid, hartkloppings, duiseligheid, naarheid en sweet.
  2. ’n Hartaanval: Dit voel tipies of ’n olifant op jou bors staan! Die ongemak kan ook in jou arm, rug, kaak of keel wees. Ook: sweet, naarheid, swakheid, duiseligheid, kortasemigheid en hartkloppings.
  3. Hartversaking: Jy is kortasem as jy aktief is of op jou rug lê en jou enkels, bene en maag swel. Ook: swakheid, naarheid, duiseligheid, versnelde hartklop.

Bonuswenke

  • Verskillende hartsiektes het verskillende simptome, maar die meeste lei tot moegheid, kortasemigheid, duiseligheid en hartkloppings (asof jou hart bollemakiesie slaan). Sommige mense het egter min of geen simptome nie.
  • Kry dadelik hulp as jy dink jy het ‘n hartaanval. Elke oomblik is belangrik.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
29% - 9758 votes
No
71% - 24082 votes
Vote