Karpale tonnel sindroom

Veilig by die werk

Voorkom só karpale tonnel sindroom

  1. As jy gereeld handewerk doen, moet jy probeer om jou hande nie vir lang rukke gebuig, gestrek of in ’n gedraaide posisie te hou nie.
  2. Moenie met jou arms te naby of te ver van jou lyf af werk nie, en ruil van tyd tot tyd hande om as jy kan.
  3. Moenie werktuie gebruik wat te groot vir jou hande is nie en neem gereeld ’n blaaskans van handewerk sodat jou hande en polse kan rus.

Bonuswenke

  • As jy gereeld ’n toetsbord gebruik, verstel jou stoelhoogte sodat jou voorarms op dieselfde vlak as die toetsbord is en jy nie jou polse hoef te buig om te tik nie.
  • Voorkom postuurpyne deur by die werk nie heeldag in dieselfde posisie te sit of staan nie.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24