Kosmedisyne

Kosmedisyne

Eet só jou kwale weg

  1. Bloedarmoede:Eet ysterryke kos soos vleis, vis, eiers, kaas en verrykte pap. Sluk dit af met lemoensap, want vitamien C help om yster te absorbeer. Foliensuur (in groen blaargroente) help ook.
  2. Depressie:Meer omega 3-vette behoort jou binne ’n maand beter te laat voel. Kry dit in olierige vis (sardyne, ansjovis, snoek, skelvis, salm) en okkerneute, asook eiers en melk wat met omega 3 verryk is.
  3. Osteoporose:Sluit meer kalsium en vitamien D by jou eetplan in. Kry dit in melk, geblikte salm en sardientjies, broccoli en amandels.

Bonuswenke

  • Verhoog jou algemene weerstand met kos ryk aan vitamien C (papajas, aarbeie, broccoli), betakaroteen (pampoen, patat), omega 3-vette (sien bo), sink (seekos, vleis, hoender) en kos met probiotika (jogurt).
  • Slapeloos? Eet meer beesvleis, kaas, vis, melk, eiers en sonneblom- en sesamsade.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
29% - 9749 votes
No
71% - 23954 votes
Vote