Medikasie en kos

Medisyne

Pasop vir dié kos en drank saam met medikasie

  1. As jy enige medikasie hoegenaamd drink, moet jy liefs van alkohol af wegbly. Dit kan die uitwerking van baie middels versterk of verflou.
  2. Pomelosap bots met party bloeddruk-, angs-, malaria- en slaapmiddels. Dit verhoog die vlak van dié medisynes in jou bloed en dus die gevaar van newe-effekte.
  3. Drop kan sommige middels teen hartversaking en abnormale hartritme toksies vir jou liggaam maak.

Bonuswenke

  • Aanvullers soos sint Janskruid veroorsaak newe-effekte as dit saam met Viagra of sommige hartmiddels gedrink word; vitamien E en ginseng moenie saam met bloedverdunners gedrink word nie; en ginkgo biloba is taboe as jy epilepsiemedisyne drink.
  • Die kafeïen in sjokolade kan die uitwerking van stimulante soos Ritalin versterk.

(Huisgenootwenke)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24