Miskraam

Swangerskap

Wat kan ’n miskraam veroorsaak?

  1. Die meeste miskrame ontstaan weens ’n fout in die fetus se gene. Dit beteken nie noodwendig daar’s iets met ’n ouer verkeerd of dat dit weer sal gebeur nie.
  2. Siektes soos diabetes, tiroïedsiekte, lupus, hartsiektes en ander probleme soos baarmoederinfeksie kan ’n miskraam veroorsaak as dit nie goed bestuur word voor en tydens die swangerskap nie.
  3. Soms vervaardig ’n vrou se lyf nie genoeg progesteroon nie. Progesteroon help die baarmoedervoering om die fetus en plasenta te ondersteun.

Bonuswenke

  • Alkohol, rook en dwelms wat in oormaat en gereeld gebruik word, kan ook ’n miskraam veroorsaak. Nuwe navorsing wys ook dat te veel kafeïen die risiko vir ’n miskraam verhoog.
  • Moenie meer as twee koppies gewone koffie per dag drink terwyl jy swanger is nie.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24