Natuurlike verkouemiddels

Winterkwale

Natuurlike verkouemiddels: wat die wetenskap sê

  1. Navorsing kon nog geen bewys vind dat vitamien C ‘n verkoue beter maak nie. Sink-suigtablette werk soms glad nie, en ander kere kan dit ’n verkoue effens verkort.
  2. Studies wys vitamien A verbeter lugweginfeksies, maar al dié studies is gedoen op kinders wat aan wanvoeding en ’n vitamien A-tekort gely het. Te veel vitamien A is giftig.
  3. Navorsing oor echinacea is teenstrydig, met sommige studies wat positief is en ander wat aandui dat dit niks help nie.

Bonuswenke

  • Onthou dat hoë dosisse vitamien C en sink maagpyn, naarheid en braking kan veroorsaak. Swanger vroue, kinders en mense wat immuunonderdrukkers gebruik, moenie echinacea gebruik nie.
  • Begin antivirale middels drink sodra jy griep kry; so word jy gouer gesond.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24