Seer borste

Vrouekwale

Nog raad vir seer borste en goedaardige borsknoppe

  1. Hou ’n warmwaterbottel 20-30 minute teen die seer bors. As jy ’n verwarmingskussinkie gebruik, moet jy die vervaardiger se aanwysings volg en nie daarmee aan die slaap raak nie.
  2. Navorsers vermoed daar is ’n verband tussen nie-kwaadaardige borsknoppe en ’n dieet ryk aan versadigde vet; minder vet in jou dieet kan knoppe dus dalk help krimp of voorkom.
  3. Dra ’n bra 24 uur van die dag om borsbeweging te beperk, veral kort voor jou maandstonde.

Bonuswenke

  • Dokters skryf soms aspirien of ibuprofeen voor vir tye wanneer borspyn kwaai is. As dit nie genoeg is nie, kan veral premenstruele borspyn met vitamien B6 en aandblomolie behandel word.
  • Sout laat jou lyf vog terughou en kan geswolle borste seerder maak – vermy dit dus.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
29% - 9753 votes
No
71% - 24014 votes
Vote