Ask an expert
Question

10 Feb

Allergic rhinitis
Goeie more dr, ons seuntjie (3.5 jaar) is n week terug gediagnoseer met allergiese rhinitis. Dis die eerste keer wat hy siek geword het vandat sy mangels en adenoids uitgehaal is (2019). Dr het prospan, sinupret, kortisoon, allecet elke aand en avamys elke oggend vir 6 maande voorgeskryf. My probleem is dit help nie. Hy is nou amper 2 weke op dit en hy klink vir my net erger. Sy slymerige hoes gaan ook nie weg nie. Inteendeel is sy gemoed/persoonlikheid af. Hys depressief, lag nie, le net, wil niks doen nie en kla van sy maag wat seer is. Hyt ook koors gehad maar ek kon dit darm breek. Enige raad? Ek het gisteraand met al die medikasie gestop en vir hom net ponado gegee. Baie dankie
Answer
Expert
CyberDoc
CyberDoc

02 Mar

Hi Marisa
Ek is so jammer om te hoor dat hy nie lekker is nie. Dit breek n mens se hart as jou kind siek is en niks wat jy doen help nie. Ek wil met jou saamstem, dat daar moontlik iets anders fout is. Allergiese rhinitis gaan nie vir jou koorsig maak nie. Was julle by n pediater met hom, of n GP? Ek dink julle moet of teruggaan na die dokter, of n tweede opinie kry. Groete en baie sterkte. 
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19884 votes
Vote