Ask an expert
Question

01 May

Bloeiende neus
Ek sit met die probleem dat my neus aan die linkerkant Dinsdagaand, die week, begin bloei het, maar na 'n ruk het dit wel gestop. Ek het gedink dis maar 'n eenmalige gebeurtenis, maar Woensdagoggend vroeg na ek op gestaan het, het dit weer begin en redelik gou gestop. Deur die dag het dit goed gegaan, maar dit het weer gebeur Woesdagaand, gestop en Donderdagoggend 4H30 het ek wakker geword met 'n bloeiende neus. Dit het 'n rukkie gestop, maar later weer begin. Dit het so erg gegaan dat gelyk het of daar 'n slagting in my huis was. Ek het na die ongevalle hier in Nylstroom gegaan, waar die bloed gestop is en allerhande toetse gedoen is en vir my pille voorgeskryf het. Vir 2 dae het dit goed gegaan, maar vannogend, Saterdag, het dit weer begin en ek het lank gesukkel om die bloed te stop. Ek is 71 jaar oud en 'n man. Enige raad asb?
Answer
Expert
CyberDoc
CyberDoc

04 May

Hi
Indien die dokters bloedtoetse gedoen het, en hulle nie enige bewys van n bloedstollings abnormaliteit kon vind nie, is die volgende moontlikheid dat daar n aartjie in jou neus is wat n 'swak plek' het en wat 'gebrand' moet word sodat dit nie weer bloei nie. Veral as dit elke keer dieselfde neusgat is wat bloei. Ek stel voor dat jy na n oor, neus en keel spesialis gaan wat hierdie vir jou sal kan regstel. Groete en baie sterkte!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20297 votes
Vote