Ask an expert
Question

23 Jan

Maag
Ek het op 21 n nisan operasie gehad en my maag klep het weg gebrand en alcers in my slukderm gehad en n mantelvlies breek. Van daar af sukkel ek met my maag. My huis dr het gese my maag skei ekstra suur af veral as ek stress en het vir my peploc 40mg gegee wat ek al jare gebruik soos nodig. Ek het nou al 2 keer van desember af n pyn op die krop van my maag (voel of iemand my maag in n grip het, konstante pyn) gekry wat dan oor n tydperk van n paar dae af beweeg na my lae gedeelte van my maag so bo my blaas. As ek loop voel dit op my ingewande saam beweeg en wil los kom (as dit sin maak). Al wat help is as ek le. Ek kan glad nie meer sterk kosse eet nie want dan gebeur dit. Dis nie krampe nie dis n konstante pyn. Ek het al gedink dis n blaas infeksie maar dis nie seer as ek toilet toe gaan nie en sit brand nie. Ek kan ook nie baie eet as my maag so is nie en ek is ook te bang om enige iets te eet. Is daar enige advies?
Answer
Expert
CyberDoc
CyberDoc

29 Jan

Hi Adele
Dit kan wees dat jou kolon in spasma is - daarvoor kan jy n probiotic probeer soos probiflora 9 strain intensive rescue. Een n dag behoort te help. Ek is bekommerd oor die feit dat dit moontlik n maagseer (ulcer) kan wees, so ek dink jy moet by jou dokter n draai maak. In die tussentyd, probeer wegbly van sterk kosse, soos jy gese het, en moet ook glad nie alkohol gebruik nie, moenie rook nie en moenie enige sterk pynpille gebruik nie (veral nie anti-inflammatoriese pille of disprin nie). Groete en sterkte. 
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19305 votes
Vote