Ask an expert
Question

10 Feb

Swangerskap Advies
Vertrou dit gaan baie goed met Dr. Ek het Januarie 34 geword en is nou 2 jaar getroud. Ons het besluit om die jaar met 'n gesin te begin. My vraag aan Dr is, sal dit wys wees om nou in die tyd van covid te begin probeer? Natuurlik is 'n mens bang en versigtig om nie die virus te kry nie, en geen mens weet hoelank dit nog by ons gaan spook nie. As gevolg van my ouderdom is dit ook dalk nie wys om nog langer te wag nie. Dr se eerlike opinie sal waardeer word. Groete en mooi dag vir Dr.
Answer
Expert
CyberDoc
CyberDoc

02 Mar

Hi daar
Ek dink julle kan maar begin probeer. Veral omdat n mens nie altyd weet hoe lank jy gaan vat om swanger te raak nie. Soms is n mens gelukkig, en jy raak binne die eerste maand swanger, maar baie paartjies neem soms tot n jaar om swanger te raak (al is daar niks fout nie). So definitief, ek sal aanbeveel dat julle 'begin probeer' :-)
Groete en sterkte. 
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19884 votes
Vote