Ask an expert
Question

01 Feb

Winderigheid elke dag pla my
Hi Dr Ek het n probleem wat my vreeslik pla, eks baie winderig elke dag (by winderig bedoel ek ek laat winde, nie "burp" nie). Ek het al probeer om meer water te drink voor ek eet en om elke oggend warm water te drink as ek opstaan maar dit werk nie. Koeksoda werk ook nie en pepperment druppels ook nie. Wat kan ek drink (is daar iets op die mark), wat kan help om die winde aansienlik minder te maak asb. Ek vermoed eks sensitief vir gluten of dat ek dalk IBS kan he, maar ek het nie nou geld om toetse te laat doen nie. sal bevispas of gasgon werk vir winde of kan jy asb iets anders voorstel? ek het amper heel dag winde. Dankie
Answer
Expert
CyberDoc
CyberDoc

02 Feb

Hi daar
Jy kan elke n dag n probiotic gebruik, soos probiflora 9 strain intensive rescue. Jy kan ook solank probeer om gluten uit te skakel, veral die 'obvious' vorms van gluten soos brood, pasta, ens. Indien dit help, dan hoef jy nie vir toetse te gaan nie, dan weet jy net dat jy gluten moet probeer vermy. Jy hoef net vir toetse te gaan as jy n erge allergiese reaksie op gluten of ander voedselgroepe het. Groete en ek hoop dit help!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.