Ask an expert
Question

22 Mar

Geen gevoel in regter hand
Hello Dokter, Ek is 58 JAAR OUD en POST MENOPOSAL. Ek het in Januarie geval en my regter arm distal humerus gebreek. So erg dat ek drie plate en 13 skroewe in my elmboog area het. Vandat ek geval het is my regter hand palm en drie vingers dood. Duim Wys vinger en middel vinger. Eers het orthopeed gedink dit is CARPAL TUNNEL... toetse gedoen en uitslag was negatief. Hulle dink dit is in die elmboog waar drukking is. Blykbaar sal dit MET TYD regkom. Ek is radeloos. Wat kan ek doen behalwe hand oefeninge om hierdie hand reg te kry?? Ek het ook been digthheids toets gedoen en het 19% been verlies in linker heup nek. Been verlies in regter gewrig, nek en lae rug. Praat van OSTOPENIES. Wat kan mens gebruik vir dit? Enige advies of verwysing sal waardeer word.
Answer
Expert
Healthy Bones

25 Mar

Hello daar
Die feit dat jy jou voorarm gebreek het gee vir ons 'n indikasie dat jy wel osteoporose het. Jy het dus aktiewe beenmedikasie nodig om jou onderliggende been te beskerm en sterk te maak (jou dr moet dit voorskryf), genoeg kalsium en vit D inneem en ook gewigdraende oefening doen. Jy kan vir my 'n epos skryf en ons kan jou verwys na 'n kundige dr in jou area. Ongelukkig gaan die gewrig maar tyd neem en 'n fisioterapeut kan jou hiermee help. My e-pos is tereza@iafrica.com
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
28% - 9934 votes
No
72% - 25926 votes
Vote