Ask an expert
Question

29 May

Pyn in bors en seer lam linker arm
As ek nies kry ek n vreeslike pyn in bors en my linker arm word lam en seer dat ek hom moet vashou vir n ruk. Ek het hoe bloeddruk en is op n klomp medikasie maar bloeddruk bly hoog. Van 190 op 107 pols 69 tot 230 op 135 pols 99. Kan dit die hoe bloeddruk wees wat dit veroirsaak. Ek is ook baie kort van asem. E in nag word ek wakker van n snaakse gevoel in my bors amper soos my hart wat soos n woer woer blaas en suig. Dis n ongemaklike gevoel en baie snaaks. Help asb groete
Answer
Expert
Hypertension expert
Hypertension expert

31 May

U meld nie `n ouderdom nie en dit kan `n taamlike verskil maak. Maar hierdie bloeddruk is gevaarlik hoog en kort dringend aandag. 
Veral nou in die Covid-19 tyd verhoog dit `n  pasient se risiko om Covid-19 komplikasies soos `n beroerte te kry, aansienlik. Indien bo 60 vertrou ek u is geregistreer om die vaksien te ontvang. Nou is nie die regte tyd om hierdie bloeddrukke te ignoreer nie, gaan sien asb dadelik weer die dr en kry die bloeddruk beheer, of sien `n internis indien moontlik. Klink daar moet ook `n hartsonar gedoen word en sodra die bloeddruk  beheer is, `n stres EKG. 
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
31% - 9523 votes
No
69% - 20934 votes
Vote