Ask an expert
Question

07 Jan

Vermoed poliep of vergroeing in slukpyp, osteoma verhemelte, oorpyn
Beste Dr Kroukamp, ek sukkel geruime tyd met wat ek dink dalk n poliep in my keel of slukpyp kan wees, soms sukkel ek om te sluk - my ent het ook die osteoma in die middel van my verhemelte gediagnoseer en ek kry gereeld oorpyn waarvoor hy Lerica voorgeskryf het, ek het diverticular tinnitus aan die linkerkant maar die geklop wat ek heeltyd hoor het effens bedaar, kan die bostaande 3 dinge met mekaar te doen hê, ek vra want my ent is tans weens n staflid wat positief getoets is vir Covid nou eers in kwarantyn tuis en maak eers volgende Donderdag oop. As ek enigsins net hoes wil ek onmiddelik opbring? Dit alles is vir my vreemd. Wat is u mening? Byvoorbaat dank, ek waardeer u opinie of raad. Vriendelike groete Charlotte (ek is 58jr oud) chronies meds in Nexium 40mg daagliks, bd tblet Coveram 10mg daagliks en Symvastatin 10mg daagliks, ter inligting.
Answer
Expert
Sinusitis Expert
Sinusitis Expert

11 Jan

Nee, daardie drie dinge is nie gekoppel nie. Die osteoom is ‘n normaale verskynsel wat verwyder kan word as dit te groot raak. Ek sou die kloppende tinnitus en oorpyn verder ondersoek met ‘n audiogram en ‘n CT scan van die oor. Die sluk probleem / moontlikke poliep moet ‘n mens na kyk met ‘n laryngoskoop - dis moontlik agv maagsuur refluks ten spyte van die Nexium. 
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.