Share

Gebed help slagoffers van huishoudelike geweld

'n Nuwe studie dui daarop dat gebed slagoffers van huishoudelike geweld kan help om hulle situasie en emosies deur middel van metodes soos venting (uiting) te verwerk.

Die studie behels dosyne mense in teister-verhoudings. Die onderhoude is deur Shane Sharp,  'n sosiologie-student aan die University of Wisconsin, VSA, gevoer en die deelnemers, alhoewel hulle vanuit verskillende dele van die VSA afkomstig is en uiteenlopende rasse-agtergronde en opvoedkundige vlakke het, het  hoofsaaklik 'n Christelike agtergrond.

Een van die bevindings is dat gebed 'n "gewillige oor" bied aan diegene wat oorkook van woede.

Sharp sê: "As hulle hul woede teenoor hulle geweld-metgesel geuiter het, sou dit hoogs waarskynlik tot verdere geweld gelei het. Maar in gebed kon hulle sonder enige vrees vir weerwraak hul woede teenoor God uiter."

Gebed versterk selfbeeld

Gebed bied ook aan slagoffers van geweld die geleentheid om hulself te sien soos God hulle sien.

Sharp sê verder: "Tydens gebed kon slagoffers daarin slaag om hulself te sien soos hulle glo God hulle sien. Omdat hierdie persepsies meestal positief was, het dit gehelp om hulle sin vir selfwaarde te verhoog, wat die effek van hulle teisteraar se kwetsende woorde teëgewerk het."

Vir party van die slagoffers het die feit dat hulle hul hande gevou en op dít wat hulle wou sê, gefokus het, gehelp om hulle angs te ontlont. Die ervaring is soortgelyk aan 'n gesprek met 'n ouer of goeie vriend.

Gebed nie altyd voordelig nie

"Party van die deelnemers het gesê dat hulle deur gebed geleer het om hulle gewelddadige metgeselle te vergewe en hulle woede en wrokke te laat gaan," sê Sharp. "Maar dit is 'n tweesnydende swaard. Dit help diegene wat hulle teister-verhoudings beëindig het tot 'n sekere mate om dinge te laat gaan. Maar as hulle nog steeds binne daardie verhouding is, mag dit daartoe lei dat hulle hul besluit om die verhouding te beëindig, uitstel, wat meestal nie 'n goeie ding is nie."

Bei van die deelnemers sê dat hulle in God glo, maar nie aan 'n spesifieke kerk behoort nie.

Die studie verskyn in die nuutste uitgawe van die joernaal Social Psychology Quarterly.


(Kopiereg © 2010 HealthDay)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE