Share

Vroue in magsposisies net so ontrou soos mans

Volgens nuwe navorsing is die waarskynlikheid dat vroue in magsposisies ontrou aan hulle lewensmaats sal wees net so groot soos by mans.

Daar bestaan die opvatting dat mans 'n sterker neiging het om ontrou aan hulle lewensmaats te wees, maar mag is skynbaar 'n belangriker faktor as geslag, volgens die studie wat in die joernaal Psychological Science gepubliseer is.

"Daar was baie navorsing in die verlede wat aangedui het dat geslag die grootste voorspeller van ontrouheid is, maar geen van daardie studies is met vroue in magsposisies gedoen nie," sê Joris Lammers van Tilburg Universiteit in die Nederlande in 'n joernaal-nuusvrystelling.

Hy en sy span het antwoorde van1,561 mense wat aan 'n anonieme aanlyn-meningspeiling deelgeneem het, geanaliseer. Hulle is gevra oor hoeveel mag hulle by die werk het, hulle vlakke van selfvertroue en hulle beskouing van die risiko's wat met ontrouheid gepaardgaan.

Volgens die navorsers het die opname twee betekenisvolle bevindings opgelewer. Eerstens is daar 'n sterk verband tussen mag en selfvertroue, en die hoeveelheid selfvertroue wat 'n persoon het, is die sterkste skakel tussen mag en ontrouheid. Tweedens het die geslag van die persoon geen verskil gemaak aan ontrouheid in die verlede, of hulle begeerte om ontrou te wees nie.

Die populêre opvatting dat mans 'n groter neiging as vroue toon om ontrou te wees, is eenvoudig toe te skryf aan die feit dat mans meer magsposisies as vroue beklee, volgens Lammers.

"Soos meer vroue posisies met meer mag beklee en as mans se gelykes beskou word, mag die bekende aanvaardings oor hulle gedrag ook verander. Dit mag lei tot 'n groter voorkoms van negatiewe gedrag wat in die verlede meer algemeen by mans was," sê hy.

(HealthDay News, April 2011)

Lees verder:
Ontroue lewensmaats

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE