Share

’n Tweede taal gee kleuters ’n hupstoot

Volgens ’n nuwe studie deur Concordia University, New York University in Kanada en Université de Provence in Frankryk het kleuters wat van kleins af ’n tweede taal leer, ’n voordeel bo hulle eentalige eweknieë. Volgens ’n berig in die Journal of Experimental Child Psychology, het die navorsingspan die begrip van Engelse en Franse woorde by 24-maand-oue kinders getoets om te bepaal of tweetalige kleuters ’n ewe groot woordeskat in altwee tale aangeleer het. 

"Op 24 maande het ons gevind dat tweetalige kinders reeds ’n woordeskat in elk van hulle twee tale opgebou het en ’n mate van ondervinding gehad het met die oorskakeling van Engels na Frans, of anders om,” sê senior navorser Diane Poulin-Dubois, ’n sielkunde professor by Concordia Universiteit en mede-direkteur van die Centre for Research in Human Development. “Ons het gevind dat die kognitiewe voordele van tweetaligheid heelwat vroeër intree as wat daar in vorige studies berig is.”

As deel van die ondersoek is 63 kleuters in groepe van eentalige en tweetalige kinders verdeel. Om vlakke van tweetaligheid te assesseer, het ouers ’n taalblootstellingsonderhoud en woordeskat-kontrolelyste voltooi, terwyl die kinders vyf basiese taal- en kognitiewe toetse ondergaan het.

"Tweetalige kinders het beter presteer met take waartydens hulle aandag afgetrek is,” sê Poulin-Dubois. “Hierdie klein voordeel wat ons by ons tweetalige 24-maand-oue kleuters waargeneem het, is moontlik te danke aan ’n kombinasie van die kinders se ondervinding met die hoor en gebruik van twee tale.”

Hierdie nuwe bevindings het volgens Poulin-Dubois praktiese implikasies vir opvoeders en ouers. "Om kleuters vroeg in hulle ontwikkeling aan ’n tweede taal bloot te stel, gee hulle ’n voordeel wat konsentrasiebeheer verhoog.” - (EurekAlert!, Januarie 2011) 

Lees meer:

Tokkel hulle taal

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE