Share

5 maklike stappe om kinders se aanlyn-veiligheid te verseker

Die kuberwêreld is ’n realiteit. Selfs al bring ons nie ure op die sosiale netwerke deur nie, is daar gewoonlik ’n rekenaar by die huis, en is dit nie verbasend dat moderne kinders dikwels heelwat meer rekenaarvaardig as hulle ouers is nie.

Of jou kinders op die rekenaar inligting vir skoolprojekte soek, speletjies speel of met hulle vriende gesels, hier is vyf baie belangrike wenke wat selfs die mees tegnies onvaardige ouers kan volg om hulle kinders se veiligheid te verseker. En dit is noodsaaklik dat jy dit doen – die enigste mure in die kuberwêreld is dié wat jy daar plaas.

  1. Stel jou default search engine as www.google.co.za en kliek op “Search Preferences” aan die regterkant van die search bar. Kies “Use strict filtering” onder die SafeSearch opskrif en kliek op “Save Preferences”. Dit sal enige “volwasse” inhoud uitfiltreer wat onder normale omstandighede per ongeluk mag verskyn wanneer ’n kind iets soek.
  2. Bespreek en demonstreer die verskil tussen advertensies en opvoedkundige- en/of vermaaklikheidsinhoud en maak seker jou kind kan die verskil herken. ’n Advertensie-skakel kan partykeer na ongewenste webwerwe lei.  
  3. As jou kinders by “chatrooms” betrokke wil raak, soek ’n kindervriendelike een en hou vir die eerste paar sessies toesig. Maak seker dat hulle nooit enige persoonlike inligting verstrek nie, of persoonlike “gesprekke” met iemand aanknoop wat hulle nie ken nie. Hoe meer jy as ouer uitvind en verstaan, hoe beter sal jy toegerus wees om jou kinders in te lig en ooreenkomstig op te tree.
  4. Gaan gereeld die browsing history na. As jy sien dat jou kinders ongewenste webblaaie besoek het, bespreek dit met hulle op ’n openhartige en kommunikatiewe manier sodat hulle nie skuldig voel nie, maar tog verstaan dat jy weet watter webwerwe hulle besoek het. Maak seker hulle weet om die “Back” knoppie te druk as hulle ooit iets sien wat hulle ongemaklik laat voel.  
  5. Installeer ’n produk soos McAfee Family Protection, stel dit volgens jou kind se ouderdom in en gebruik die beperkings wat volgens jou mening korrek is.

(Colin Thornton, Besturende Direkteur van Dial a Nerd, Januarie 2011)

Tel: 087-72-63737 (NERDS)

Lees verder:

Kuberboelies: is jou kind veilig?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE