Share

Mens-medisyne nie vir diere

Jy moet onder geen omstandighede medikasie wat vir mense bedoel is vir jou troeteldier gee, tensy jou veearts dit goedgekeur het nie. Die meeste medikasie wat deur veeartse vir diere voorgeskryf word, is wél dieselfde (of soortgelyke) middels wat dokters vir menslike kwale voorskryf. Daar is egter groot verskille tussen hoe mense en verskillende dierspesies op spesifieke medikasie reageer as dit eers in hulle liggame is. So is party middels wat vir mense veilig is, uiters gevaarlik vir troetel- en ander diere.

'n Bekende voorbeeld hiervan is aspirine wat, indien dit in hoeveelhede wat vir mense geskik is, toegedien word, maklik vergiftiging by honde en katte kan veroorsaak omdat hulle dit nie so vinnig soos mense kan verwerk en uitskei nie. Die resultaat is erge maagdermontsteking – wat daartoe kan lei dat hulle bloed opgooi.

Daar is letterlik honderde voorbeelde van menslike voorskrifmedisyne wat honde, katte en ander troeteldiere kan vergiftig. Ander algemene medikamente en 'ontspanningsdwelms' wat eienaars definitief nie aan hulle troeteldiere moet gee nie is:

  • Parasetamol
  • Ibuprofeen
  • Die lakseermiddel fenolftaleïen
  • Yster-aanvullings
  • Vitamien D-aanvullings  
  • Nebuliseerder-medikasie wat vir asma voorgeskryf word  
  • Middels wat 'konvulsie' beheer, bv. fenitoïen (toksies vir katte)
  • Koffie en tee (a.g.v. die kaffeïen)  
  • Dagga of enige ander onwettige dwelm  

Daar is gedokumenteerde bewyse dat al die bostaande ernstige siektes kan veroorsaak - en potensieel dodelik is. Die boodskap is dus - moet nooit aanvaar dat wat vir jou veilig is ook vir jou troeteldier veilig is nie – daar is ’n goeie kans dat dit nié is nie.

Bron: Provet

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE