Share

Oortyd

Werkgewoontes

Hoe te veel oortyd jou gesondheid kortwiek

  1. Dit beïnvloed jou verstandelike vermoë. Veral middeljarige mense wat lang ure werk, dink oor die algemeen minder flink en hul woordeskat krimp. Hulle kan dalk ook later demensie ontwikkel.
  2. Dit maak jou siek en laat jou seerkry. Te veel oortyd laat ’n rits toestande ontstaan soos stres, angstigheid, spierbeserings en vatbaarheid vir ongelukke.
  3. Dit kan jou doodmaak, want jy kry nie tyd om te oefen, gesond te eet, genoeg te slaap en gereelde mediese ondersoeke te ondergaan nie – alles risikofaktore vir hartaanvalle en kanker.

Bonuswenke

  • As jy lang ure móét werk, kan jy die skade verminder deur jou oortyd-ure vir ekstra vakansiedae te ruil en soms ’n ekstra lang vakansie te neem.
  • ’n Mens moet liefs nooit meer as 48 uur per week werk nie.

 (Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE