Share

Vitamien B12

“Ek voel deesdae lusteloos, en het geen energie nie. Ek het gelees dat ’n Vitamien B 12   inspuiting net die ding is vir my. Ek is 25 jaar oud, en neem gereeld aan sport deel. Sal dit my sport prestasies verbeter?”

Sonder fut, Pretoria

Vitamien B 12 gebrek kan aanleiding gee tot ’n sekere tipe bloed armoede bekend as megaloblastiese anemie. Moegheid, en spierswakheid en gewigsverlies is bekende tekens van hierdie siektetoestand, en dit word behandel met vitamien B 12 inspuitings. Voldoende vitamien B 12, foliensuur en vitamien B 6 is ook belangrik vir hartgesondheid aangesien dit verhoogde homosisteïn vlakke wat ’n risiko faktor is vir kardiovaskulêre siektes is, kan voorkom.

Vir hierdie redes is daar verkeerdelik geglo dat vitamien B 12 die energie sal aanwakker en sport prestasies sal verbeter. Ongelukkig is daar geen mediese bewyse dat vitamien B 12 inspuitings enige effek het op fisieke werksvermoëhet indien daar nie ’n tekort in die liggaam van hierdie mikro-nutriënt is nie. Dit is dus niks minder as ’n troosmiddel nie. Gelukkig is vitamien B 12  nie giftig nie, en sal die inspuiting nie enige nadelige effekte hênie.

Maak net seker by jou dokter of jy nie dalk ’n yster gebrek het wat die oorsaak van jou moegheid kan verklaar nie. Yster-tekort-anemie is baie algemeen onder atlete, en kan maklik gekorrigeer word met yster tablette in samewerking met vitamien C om die absorbering van yster te bevorder.

Daar is baie oorsake vir lusteloosheid, maar die oplossing lêgewoonlik nie in een of ander stimulant of vitamien nie. Dit is jammer dat sportmanne en vroue die mening toegedaan is dat mens altyd een of ander aanvuller moet gebruik om beter te presteer. Daar is geen plaasvervanger vir ’n goed gebalanseerde dieet en oefenprogram om te presteer nie. Ons gee dikwels die raad dat wanneer jy lus is vir ’n vitamien, “Skil dit af, moenie die bottel oopskroef nie.”

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE