Share

Vroeë alkoholgebruik gekoppel aan dranksugtigheid

'n Nuwe studie dui daarop dat jong volwassenes 'n groter kans het om swaar drinkers te word wanneer hulle reeds op 'n vroeë ouderdom die eerste keer alkohol gebruik het én stresvolle lewensituasies moes hanteer.

Dié bevinding is deel van 'n studie wat op 166 vroue en 140 mans in Duitsland uitgevoer is. Hulle is gevra wanneer hulle begin drink het, of hulle enige stresvolle lewensituasies gedurende die afgelope drie jaar moes hanteer, watter daaglikse probleme hulle oor die afgelope paar maande gehad het en wat hulle drinkgewoontes op ouderdom 22 was.

Deelnemers het ook besonderhede verskaf oor die hoeveelheid alkohol wat hulle gebruik en hoe baie hulle in die maand vóór die onderhoud gedrink het.

"Ons het gevind dat die impak van stresvolle lewensgebeurtenisse op drinkgewoontes afhang van die ouderdom wanneer daar die eerste keer gedrink is," sê Dorothea Blomeyer, die hoofskrywer van die studie, en 'n senior navorser by die Sentrale Instituut vir Geestesgesondheid in Mannheim in 'n nuwe vrystelling van Alcoholism: Clinical and Experimental Research.

Hoe vroeër jy begin drink, hoe groter die moontlikheid van verslawing

"Die jongste [eerste alkohol-ervaring] in ons groep was agt jaar en ongeveer die helfte van die deelnemers het reeds voor die ouderdom van 14 begin drink," sê Blomeyer.

"Hoe vroeër hulle begin alkohol gebruik, hoe sterker is die assosiasie tussen lewenstres en drank by jong volwassenes. Hierdie interaksie-effek was net geldig vir die veranderlike 'totale hoeveelheid alkohol', en nie vir die aantal dae wat daar gedrink is nie. Dit pas in by die patroon van stresverwante drankgebruik, wat gekenmerk word deur 'n groter aantal drankies en nie soseer deur die gereeldheid van die gedrag nie."

Dit is waarskynlik dat mense wat op 'n baie vroeë ouderdom begin drink "leer om alkohol in stresvolle situasies tydens hul adolessensie te gebruik omdat navorsing aandui dat alkoholgebruik gedurende daardie tydperk besonder effektief teen stres is," sê Blomeyer.

Of party gebeurtenisse 'n groter effek op alkoholgebruik het as ander, is nog onduidelik. "In ons studie is elke gebeurtenis as gelykwaardig beskou by die berekening van die totale telling, en daarom sal hierdie vraag in 'n toekomstige studie beantwoord moet word," sê sy.


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE