Behoeftiges se magies gevul

Mariëtte van Heerden, Helpende Hand Streeksorganiseerder: KZN en Elize Pelser, voorsitter van Amanzimtoti-tak. Foto: verskaf
Mariëtte van Heerden, Helpende Hand Streeksorganiseerder: KZN en Elize Pelser, voorsitter van Amanzimtoti-tak. Foto: verskaf

DIE Solidariteit Helpende Hand-tak op Amanzimtoti is besig met ’n verskeidenheid kreatiewe projekte om seker te maak dat die behoeftiges in die gemeenskap genoeg het om te eet. Die tak het Kuswag Skool genader om blikkieskos in te samel en het ook ’n groentetonnel laat opsit wat onder andere deur die skool se leerders behartig sal word.

Die leerders van Kuswag Skool het mekaar uitgedaag om te sien watter graad die meeste blikkies kon insamel vir die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak. Die leerders het daarin geslaag om 900 blikkieskos in te samel vir behoeftige gesinne in die gemeenskap.

Die leerders in graad 10BA het uitgetree as die oorwinnaars na die groep die meeste blikkies ingesamel het. Die projek is ’n “Pay-it-forward” inisiatief wat die tak geloods het om hulle koskas aan te vul en ook om die leerders meer bewus te maak van die nood in hulle gemeenskap. Die tak is baie betrokke by die skool en help verskeie gesinne met kospakkies.

Die tonnel is opgesit deur Amanzimtoti Community Upliftment Project (Amcup) wat behuising en werk verskaf aan mans met afhanklikheidsprobleme.
Amcup het ’n intensiewe program om hulle van die afhanklikheid weg te kry. Hulle maak stene en rig groentetonnels op dwarsoor die land. Die tonnel gee kos vir omtrent 50 mense vir drie maande lank. Die saailinge word in sakke geplant. Die leerders van Kuswag Skool en die Amanzimtoti-takondersteuners sal die onderhoud van die tonnel behartig.

“Ons is baie dankbaar vir die skool se skenking van die blikkieskos en ook vir hulle hulp met die tonnel,” sê Elize Pelser, die takvoorsitter.
“Die leerders se entoesiasme is baie duidelik gewees en ons kan nie wag tot die eerste oes nie. Danksy die projekte is daar baie lyfies wat nou met ’n vol magie gaan slaap.”

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. Vir meer inligting oor die goeie werk wat Helpende Hand, of om betrokke te raak by die Amanzimtoti-tak kontak Elize Pelser op 082 655 5902.
- Verskaf.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 4849 votes
It's four more years for Trump
54% - 5754 votes
Vote
ZAR/USD
16.53
(-0.24)
ZAR/GBP
21.43
(-0.20)
ZAR/EUR
19.48
(-0.24)
ZAR/AUD
11.64
(+0.05)
ZAR/JPY
0.16
(-0.17)
Gold
1902.32
(-0.02)
Silver
24.47
(+4.66)
Platinum
855.51
(+0.26)
Brent Crude
42.85
(-0.67)
Palladium
2334.28
(+0.69)
All Share
55161.03
(+0.21)
Top 40
50741.94
(+0.09)
Financial 15
9977.80
(+3.10)
Industrial 25
74762.95
(-0.61)
Resource 10
54129.95
(-0.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo