Drama bied terapie

“Die wêreld van ’n persoon met outisme is dikwels ’n eensame een. Hoewel hulle in meeste gevalle goed kan verstaan, sukkel sommige mense met outisme om verbaal met ander te kommunikeer. Dit dra by tot hul isolasie.”

Só vertel die drama-onderwyser Marlene Zwiegers wat drama-klasse aan kinders met outisme, in samewerking met Elize van der Walt, aanbied.

Sy het ’n gedeelte van haar huis in Kimberley in ’n drama-ateljee – die Gruispad-teater – omskep.

By Zwiegers se klasse dien drama as ’n vorm van terapie waarmee sy speel-speel help om kinders met outisme uit hul dop te laat kruip.

Die werk wat sy doen is volgens Zwiegers op navorsing geskoei wat sy vir haar pas goedgekeurde doktorsgraad in outisme en drama gedoen het, asook praktiese werk met kinders in dié spektrum sedert 2003.

“Hierdie navorsing word gekombineer met Elize van der Walt (’n vriendin) se waardevolle en praktiese, gespesialiseerde kennis op die gebied van kinders met spesiale behoeftes, wat sy oor bykans 30 jaar opgebou het,” vertel sy.

Hierdie gespesialiseerde projek word tans moontlik gemaak deur Autism South Africa wat kinders met outisme, en hul families ondersteun.

“Outisme-spektrumsindroom bring mee dat kinders uitdagings rondom sosialisering, kommunikasie, gedrag en sensoriese sensitiwiteite ervaar.

“Drama kan gebruik word om kinders met outisme op ’n prettige manier te help om speel-speel te ontwikkel. Kinders is lief vir speel en dit geld ook vir kinders in die outisme-spektrum,” sê sy.

“In die dramaklas maak ons gebruik van spesifieke aktiwiteite om sosialisering te bevorder. Asemhalingstegnieke, strek, dans, musiek en beweging word aangewend om die angstigheid in die kinders te verminder en hulle ’n tegniek te gee waarmee hulle hulself kan leer om die angstigheid te beheer wanneer hulle nie by die dramaklas is nie.

“Rolspel, improvisasie en stories vorm deel van speel-aktiwiteite waar ons met pret sekere sosialisering en kommunikasie-vaardighede vir die kinders leer. ’n Oorgangsaktiwiteit aan die einde help hulle om te verstaan dat die klas voltooi is sodat hulle gereed kan voel om huis toe te gaan.

“Hierdie soort tegnieke is outisme-ingrypingstegnieke. Dit is ook outisme-vriendelik en is bedoel om die kind met outisme te help op ’n manier wat sy funksionering aanspreek.

“Dit help hulle ook om beter te funksioneer,” vertel sy.

Tans werk Zwiegers en Van der Walt met vyf mense wat outisme het. Leerlinge van plaaslike skole word ook betrek om met klasse te help.

In dié dramaklasse word die leerlinge maats met die kinders met outisme.

“Ons speel en maak stories en van albei kante kom daar baie begrip. Die kinders op die outisme-spektrum is minder in isolasie en die leerlinge wat met hulle werk is verstom om die anderkant van hierdie kinders te ontdek – dit is ’n kant wat verby gestremdheid kyk en die kosbare kind met outisme se wese ontdek en raaksien,” vertel Zwiegers.

Op dié manier help dit ook om bewustheid oor outisme in die gemeenskap te skep.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
36% - 1853 votes
I'll wait to see how others respond
27% - 1396 votes
No, I don't think they need it
37% - 1877 votes
Vote
ZAR/USD
14.48
(+0.40)
ZAR/GBP
20.49
(+0.21)
ZAR/EUR
17.63
(+0.22)
ZAR/AUD
11.54
(-0.36)
ZAR/JPY
0.14
(+0.87)
Gold
1801.45
(-0.23)
Silver
27.85
(+0.78)
Platinum
1265.06
(+1.48)
Brent Crude
64.18
(+0.19)
Palladium
2435.99
(+4.70)
All Share
66200.76
(+0.42)
Top 40
60747.41
(+0.42)
Financial 15
12354.99
(+0.99)
Industrial 25
86550.38
(-0.10)
Resource 10
66735.02
(+0.89)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo