Griekwas 5de op punteleer

GRIEKWAS se Clinton Swart (hier gesien by ’n vorige wedstryd) is as speler van die wedstryd aangewys.  Foto: Jaco Marais
GRIEKWAS se Clinton Swart (hier gesien by ’n vorige wedstryd) is as speler van die wedstryd aangewys. Foto: Jaco Marais

GRIEKWAS staan tans vyfde op die Curriebekerreeks se punteleer nadat hulle Vrydagaand (26/08) die Pumas in Mbombela met 41-35 geklop het.

Peter Engledow se Poubloues het hulself nou stewig gevestig as een van die land se gedugste spanne buiten die vier topunies, die Cell C Haaie, Cheetahs, Golden Lions en Blou Bulle.

Dit was ’n indrukwekkende vertoning deur die besoekers.

Hulle was selde werklik op die voorvoet, maar wanneer daar kanse gegun is, het Griekwas seker gemaak punte word aangeteken.

Rudi van Rooyen, ’n oud-Pretorianer wat tot onlangs onbekend was, is deesdae een van die sleutelfigure.

Sy verspreiding is flink en hy het beslis ’n neus vir die doellyn.

Clinton Swart, ’n veelsydige en onderskatte spelskepper in die middelveld, het ook weer bewys niks klop ’n stelskopper met ’n dodelike korrel nie.

Engledow sal ook baie tevrede wees met die manier waarop sy span verdedig het.

In die eerste 15 minute van die tweede helfte het dit veral gelyk asof die Pumas hulle gaan oorrompel, maar die lakwerk was deurentyd stewig. Daar is probleme vir MJ Mentz en sy afrigtingspan.

Die Pumas het al voorheen erken hulle het ’n oorgangfase betree, maar drie agtereenvolgende nederlae is onverwags.

Vier drieë het getuig van hul slaankrag op die aanval en tog lyk dit asof die Laevelders nie oor die gehalte spelers beskik wat vir hulle gereeld wedstryde sal wen nie.

En om sout in die wonde te vryf, lyk die Pumas-span nie meer na die bekwame buiteperd van vorige jare nie.

Die manne in Kimberley, wat deesdae moet smeek vir borge om betrokke te raak, kan dalk gou ’n borg kry as hulle op dié soort vertonings voortbou.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2482 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1764 votes
No, I don't think they need it
37% - 2459 votes
Vote
ZAR/USD
15.09
(-0.16)
ZAR/GBP
21.02
(-0.23)
ZAR/EUR
18.22
(-0.19)
ZAR/AUD
11.62
(-0.25)
ZAR/JPY
0.14
(-0.54)
Gold
1734.50
(+0.02)
Silver
26.67
(+0.05)
Platinum
1186.51
(+0.42)
Brent Crude
64.40
(-2.56)
Palladium
2310.00
(+0.58)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo