Klagtes na “sirkus” in

Die DA en EFF het Maandag (2018/10/01) gesamentlik kriminele klagtes teen die waarnemende speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Ben Springbok, by die Kimberley-polisiestasie gelê nadat ’n raadsvergadering Vrydag (2018/08/29) in chaos ontaard het en raadslede van opposisiepartye met vol waterbottels, glas en blikke gegooi is.

Die DA se provinsiale leier in die Noord-Kaap, Andrew Louw, het Maandag gesê dat Springbok geweier het om teenoor die amokmakers op te tree terwyl raadslede se lewens in gevaar gestel is.

“Die speaker het absoluut niks gedoen om die raadslede teen die intimidasie en vandalisme wat ons Vrydag gesien het te beskerm nie.”

“Die speaker het op geen stadium sekuriteitswagte ingeroep nie. Trouens, die sekuriteitswagte het ledig gestaan en toekyk te midde van die chaos.

“Die minste wat die speaker kon doen was om die mense in die openbare galery te vra om hulself van die vergadering te verskoon.

“Ons kan nie ’n situasie toelaat waar raadslede geïntimideer voel en te bang is om raadsvergaderings by te woon nie” het Louw gesê.

Rdl. Sharon Steyn (DA), een van die raadslede wat Vrydag deurgeloop het, het Maandag ’n koeldrankblikkie en ’n glasbottelkop waarmee sy bestook is as bewyse by die polisie ingedien.

Steyn vertel hoe sy glo onder die banke van die raadsaal moes skuil toe dit blikkies, bottels en glas gereën het.

Sy is een van talle raadslede wat raakgegooi is. Ander raadslede wat deurgeloop het sluit rdl. Bernadette Francis, (DA), rdl. Millicent Moloholo (EFF) en rdl. Herbert Miller (EFF) in.

Springbok het Maandag in reaskie op Louw se aantygings gesê dat hy niks gedoen het om teen die amokmakers op te tree nie verwerp.

Volgens hom het hy wel die mense in die publieke galery en raadslede gevra het om hulself te gedra.

Volgens Springbok was sy mikrofoon aan en behoort daar ’n opname te wees van wat hy alles gesê het..

Die Sol Plaatje-munisipaliteit is steeds burgemeesterloos nadat lede van die ANC, wat in die openbare galery gesit het, Vrydag die raadsvergadering onderbreek het toe hulle raadslede met plastiekbottels, glasbottels en blikkies bestook het.

’n Nuwe burgemeester sou tydens die omstrede vergadering vir die Sol Plaatje-munisipaliteit gekies word.

Dit volg op die bedanking van Mangaliso Matika as uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatjemunisipaliteit ná druk uit die gemeenskap.

Patrick Mabilo tree op as waarnemende burgemeester tot ’n nuwe burgemeester ingehuldig sal word.

Mabilo was die ANC se keuse as nuwe burgemeester maar daar is ’n faksie in die ANC wat rdl. Pula Thabane as burgemeester verkies.

Ná ’n verdaging van die vergadering het verskillende ANC-faksies die vergadering ontwrig.

Die ANC het na afloop van die vergadering aangekondig

dat hy drie van sy proporsionele raadslede in die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley gaan afdank en dringende tugstappe teen agt wyksraadslede doen ná Vrydag se ontwrigte raadsvergadering.

Die DA het ook die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, daarvan beskuldig dat sy bllot met gevoude hande sit en toekyk en niks gedoen het om die situasie in die Sol Plaatje-munsipaliteit te beredder nie.

Louw het gesê dat die DA nie met gevoude arms sal sit en toekyk hoe die ANC probeer om demokatiese prosesse te probeer ronderdruk (“stifle”) nie.

Intussen het die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Kogta), Bentley Vass, Maandag (2018/10/01) in ’n verklaring gesê dat die uitslae van ’n forensiese ondersoek rakende die Sol Plaatje-munisipaliteit se geldsake tydens die volgende raadsvergadering bekend gemaak sou word.

Die volgende raadsvergadering vind glo Woensdag (03/10) plaas.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 857 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1616 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8789 votes
Vote
ZAR/USD
15.39
(-0.25)
ZAR/GBP
20.51
(-0.09)
ZAR/EUR
18.23
(-0.11)
ZAR/AUD
11.25
(-0.33)
ZAR/JPY
0.15
(-0.07)
Gold
1824.69
(-0.62)
Silver
23.40
(-0.44)
Platinum
930.35
(+0.63)
Brent Crude
45.51
(+2.15)
Palladium
2323.01
(-0.27)
All Share
57147.31
(+0.94)
Top 40
52478.55
(+1.08)
Financial 15
11337.90
(+0.62)
Industrial 25
79917.53
(+1.49)
Resource 10
51771.17
(+0.65)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo