Kom hol die Meerkat

Inskrywings kan nog vir die Kimberley Vodacom Meerkat-marathon, wat Saterdag plaasvind, gedoen word.             Foto: Corné Kriel Witteveen/Facebook
Inskrywings kan nog vir die Kimberley Vodacom Meerkat-marathon, wat Saterdag plaasvind, gedoen word. Foto: Corné Kriel Witteveen/Facebook

DAAR is nog tyd om jou vir die Vodacom Meerkat-marathon oor 42,2 km in te skryf, sowel as vir die 21,1k m-, 10km- en 5km-wedlope wat daarmee gepaardgaan. Dit vind Saterdag plaas.

Die wedloop, wat deur Kimberley se strate beslis word, word deur die Vodacom Kimberley Road Runners aangebied.

Dit is ook een van die eerste wedlope vir die jaar in die Griekwaland-Wes streek.

Volgens Gerhard Kruger van die Vodacom Kimberley Road Runners kan voorafinskrywings nog op 20 Januarie by die Vodacom Kimberley Road Runners se klubhuis by Bishops Old Boys-klub tussen 18:00 en 20:00 gedoen word. Op Vrydag 22 Januarie X die dag voor die wedloop X kan inskrywings tussen 17:30 en 19:00 by die klubhuis gedoen word.

Atlete kan hulself ook die oggend van die wedloop van 04:00 tot 05:25 inskryf, maar daarna sal geen inskrywings aanvaar word nie.

Daar wag prysgeld van R2 500 vir die eerste man en die eerste vrou wat die lint kan breek.

Deelnemers staan ook ’n kans om een van twee diamante in ’n gelukstrekking te wen.

Die diamante word deur Petra Diamonds geborg.

Bel Gerhard Kruger by 082-499-5990 of Magda Oldewage by 083-676-0921 vir meer inligting oor die wedloop.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
14% - 418 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 720 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1908 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(-0.25)
ZAR/GBP
20.40
(-0.01)
ZAR/EUR
18.42
(-0.06)
ZAR/AUD
11.29
(-0.13)
ZAR/JPY
0.15
(+0.06)
Gold
1835.48
(-0.24)
Silver
24.14
(+0.55)
Platinum
1061.00
(+3.78)
Brent Crude
48.78
(+0.95)
Palladium
2336.01
(+1.71)
All Share
59419.37
(+0.80)
Top 40
54500.04
(+0.61)
Financial 15
11646.83
(+2.17)
Industrial 25
79758.36
(+0.10)
Resource 10
57015.33
(+0.70)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo