Langeraat gee sonkrag

’n Sonkragspieëltoring, wat hoër as die Carlton-gebou in Johannesburg sal troon, sal sonkrag aan meer as 200 000 huishoudings verskaf. Dit gaan by Postmasburg opgerig word.Kunstenaarsvoorstellings: Verskaf
’n Sonkragspieëltoring, wat hoër as die Carlton-gebou in Johannesburg sal troon, sal sonkrag aan meer as 200 000 huishoudings verskaf. Dit gaan by Postmasburg opgerig word.Kunstenaarsvoorstellings: Verskaf

Die Noord-Kaap sal eersdaags met een van die hoogste betonstrukture op die vasteland van Afrika spog.

Daar word beplan dat die Redstone-sonkragspieëltoring naby Postmasburg in die Noord-Kaap opgerig sal word. Dié beplande toring, wat 250 m hoog sal wees, sal slegs ’n rapsie korter as die Hillbrow-toring in Johannesburg (269 m) wees, wat die hoogste toringstruktuur in Afrika is. Dit sal effens hoër as die Carlton-sentrum (223 m), die hoogste gebou in Afrika, wees.

Die 100 MW aanleg sal jaarliks 480 000 MW uur skoon en hernubare elektrisiteit aan die nasionale kragnetwerk kan lewer, genoeg om 200 000 Suid-Afrikaanse huishoudings elke jaar van krag te voorsien.

Die internasionale SolarReserve-konsortium en Power and Water (ACWA Power) het verlede week die aankondiging gemaak nadat die regering ’n R56 miljard-kontrak met 27 onafhanklike kragprodusente onderteken het. Die toring sal langs die bestaande 75 MW Lesedi-sonkragaanleg en die 96 MW Jasper-sonkragaanleg buite Postmasburg opgerig word.

Dié aanlegte gebruik sonkragpanele om krag op te wek. Die Redstone-projek is glo ’n eerste van sy soort in Afrika en gebruik ThermaVault gekonsentreerde-sonkrag-tegnologie wat gesmelte sout as hitte-oordrag vloeistof en stoormedium gebruik om krag wat opgewek is te berg. Die aanleg kan vir 12 uur krag berg.

  • Die proses werk so: Stroke gebuigde spieëls in ’n spieëlveld rondom die toring help om die son se hitte op ’n ontvanger op die 250 m hoë toring te konsentreer. ) Vloeibare sout wat by ’n temperatuur van 288 °C gestoor word, word deur die toring en deur die ontvanger opgepomp, waar dit tot 566 °C verhit word) Die verhitte sout beweeg dan weer met die toring af en word in ’n souttenk gestoor.) Die warm sout word dan deur ’n stoomkrag­opwekker gepomp, wat ’n stoomturbine dryf wat elektrisiteit opwek.

Volgens Mary Grikas, ’n woordvoerder vir die Solar Reserve-konsortium, sal die Red­stone-projek tot 17 uur per dag elektrisiteit in spitstye verskaf. Die aanleg het die vermoë om daagliks 1 200 MW elektrisiteit te berg.

Kevin Smith, uitvoerende hoof van Solar­Reserve, sê: “Ons kan elektrisiteit volgens behoefte verskaf, soos wat steenkool-, olie-, gas- en kernaanlegte doen, maar sonder die skadelike besoedelinge en gevaarlike stowwe.

“Ons hoef nie brandstof te koop en aan wisselkoerse blootgestel te word nie.

“Ons dra graag by om energie aan Suid-Afrika te verskaf sodat langtermyn ekonomiese ontwikkeling- en werkskeppingsdoelwitte bereik kan word.

“Die projek sal ook nuwe sake­geleenthede meebring.”

Alistair Jessop, senior adjunkpresident, sê hulle belê met dié projek meer as R1,3 miljard in ekonomiese en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

“Ons sal meer as 4 000 werksgeleenthede in die konstruksiefase skep, wat meer as drie miljoen werksure behels. Sowat 43% sal aan plaaslike toerusting bestee word. Ons het ’n swart ekonomiese bemagtiging aandeelhouding van 25%.

“Ons sal meer as R700 miljoen aan klein en medium-sakeondernemings en sosio-ekonomiese projekte oor 20 jaar bestee.”

Hy reken hulle sal belasting van R7 miljard oor 20 jaar betaal.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 4412 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2971 votes
No, I don't think they need it
36% - 4203 votes
Vote
ZAR/USD
15.50
(+0.12)
ZAR/GBP
21.46
(-0.04)
ZAR/EUR
18.38
(+0.06)
ZAR/AUD
11.87
(+0.10)
ZAR/JPY
0.14
(+0.30)
Gold
1688.54
(+0.24)
Silver
25.34
(+0.71)
Platinum
1147.50
(+1.05)
Brent Crude
68.09
(-1.61)
Palladium
2324.50
(+0.52)
All Share
68426.17
(+0.23)
Top 40
62910.60
(+0.19)
Financial 15
12747.28
(-0.10)
Industrial 25
87156.37
(-0.52)
Resource 10
71780.93
(+1.38)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo