Express News

Niks stuit dié Parkrun-‘verslaafde’

 Foto: Charné Kemp
Foto: Charné Kemp

NIKS kan Jabu Mkhize daarvan afskrik om sy volgende Parkrun-wedloop in die volgende stad of dorp af te lê nie; nie die reiskoste nie, en ook nie eens ’n gebreekte enkel nie.

Mkhize (46) is een van die sogenaamde Parkrun-toeriste, ’n groep van sowat 50 Parkrun-“verslaafdes” wat aan elke byeenkoms in die land deelneem.

Hy het reeds 615 km op sy Parkrun-telkaart afgelê. Dit is benewens al die ander wedlope waaraan hy deelneem.

Mkhize is saam met Bruce Fordyce, beroemde Suid-Afrikaanse ultra-marathonatleet, en sy vrou, Gill, die enigste Parkrunners wat aan 69 verskillende byeenkomste in Suid-Afrika deelgeneem het.

Hulle is ook onder die atlete wat reeds meer as 100 Parkrun-wedlope voltooi het.

Parkrun het in 2004 in Engeland begin toe 13 atlete dié eerste 5 km-roete afgelê het. Sedertdien neem miljoene mense elke Saterdagoggend aan dié gratis wedloop in verskeie dorpe en stede oor die wêreld heen deel.

Die eerste Suid-Afrikaanse byeenkoms is in 2011 in Delta Park in Johannesburg gehou.

Mkhize het onlangs sy 123ste Parkrun voltooi.

Hy het sy eerste Parkrun-wedloop in 2013 gedoen.

“Ek het nou twee keer die Kimberley Parkrun gedoen. Volgende jaar kom ek terug vir my derde Parkrun.

“Die Kimberley Parkrun, wat op die Rooifontein-wildplaas plaasvind, is baie plat. Dit is daarom ’n maklike roete wat almal, wat ook al die skeet of ouderdom is, kan aflê.

“My gunsteling-Parkrun is by die Voortrekkermonument. Dit is alles op teer, en vir my as ’n padatleet, baie gemaklik.”

Die Roodepoort Parkrun in die Len Rutter-park is ongemaklik omdat dit knopperig is, en Mhkize is bang hy breek ’n enkel.

Nie dat ’n gebreekte enkel hom al van Parkrun afgeskrik het nie. Hy het tien Parkrun-wedlope aan die einde van verlede jaar met krukke en gips aan sy enkel afgelê.

Hy het in Julie sy enkel op ’n byeenkoms in Durbanville in die Wes-Kaap gebreek.

“ ’n Mens wedywer mos met jouself en ander atlete. Ek wou ’n vrou verbysteek en het oor ’n waterpoel probeer spring. Ek het gegly en my enkel gebreek.”

Mkhize se stokperdjie as ’n Parkrun-toeris neem baie tyd en geld in beslag.

“Gelukkig is ek nie getroud nie . . .”

Hy hou van Parkrun omdat dit ’n mens weg van die kantoor en die rekenaarskerm neem. Dit is tegelyk fisieke oefening en ’n mens kan sosiaal met ander mense verkeer.”

Mkhize, wat nou in Kaapstad woon, het verlede jaar ses maande in Kimberley gewoon. Hy is ’n gekwalifiseerde metallurg wat by Transnet se lokomotief-afdeling werk.

Hy reis en bly op sy eie onkoste oor wanneer hy aan Parkrun-byeenkomste deelneem.

“Ander mense hou een keer ’n jaar vakansie. Ek hou naweke vakansie, en dit elke keer in ’n ander dorp of stad. Dis wonderlik.”

Die Parkrun-toeriste werk ook dikwels as vrywilligers op byeenkomste.

My gunsteling-Parkrun is by die Voortrekkermonument. Dit is alles op teer, en vir my as ’n padatleet, baie gemaklik. – Jabu Mkhize

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
3% - 1170 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
11% - 4450 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
86% - 33633 votes
Vote
Rand - Dollar
14.05
+0.3%
Rand - Pound
19.92
+0.1%
Rand - Euro
17.10
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.95
+0.0%
Rand - Yen
0.13
+0.2%
Gold
1,870.86
+0.2%
Silver
28.50
+1.1%
Palladium
2,914.50
+0.4%
Platinum
1,243.00
-0.1%
Brent Crude
69.46
+1.1%
Top 40
61,193
0.0%
All Share
67,217
0.0%
Resource 10
70,663
0.0%
Industrial 25
83,982
0.0%
Financial 15
12,612
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo