Nuwe padwedloop vir Kimberley

VANJAAR is die eerste keer wat die Vodacom Kimberley Road Runners (klublede op die foto) die Vodacom Meerkat-marathon aanbied. Die padwedloop oor 42,2 km sal in die strate van Kimberley beslis word.  Foto: Christiaan Cloete
VANJAAR is die eerste keer wat die Vodacom Kimberley Road Runners (klublede op die foto) die Vodacom Meerkat-marathon aanbied. Die padwedloop oor 42,2 km sal in die strate van Kimberley beslis word. Foto: Christiaan Cloete

DAAR wag prysgeld van R2 500 vir die eerste man en die eerste vrou wat op 23 Januarie die lint by die Vocacom Meerkat-marathon oor 42,2 km kan breek.

Dit is die eerste keer wat dié padwedloop aangebied word.

Die wedloop, wat deur Kimberley se strate beslis sal word, word deur die Vodacom Kimberley Road Runners aangebied.

Dit is ook een van die eerste wedlope vir die jaar in die Griekwaland-Wes-streek.

Buiten die marathon is daar ook ’n halfmarathon oor 21,1 km, ’n 10 km- en ’n 5km-wedloop.

Volgens Gerhard Kruger van die Vodacom Kimberley Road Runners staan deelnemers ook die kans om een van twee diamante in ’n gelukstrekking te wen.

Die diamante is deur Petra Diamonds geborg.

Die 42,2 km-wedloop begin om 05:30 by Bishops Old Boys-klub in Powellstraat, terwyl die 21,1 km, 10 km en 5 km almal om 06:00 begin.

Atlete kan ook vir die Twee Oseane-ultramathon en die Comrades-ultramarathon kwalifiseer deur die 42,2 km binne die kwalifiseringstye te voltooi.

Volgens Kruger kronkel die roete deur Kimberley se strate en eindig dit weer by die Bishops Old Boys-klub.

Voorafinskrywings kan op Woensdag 13 Januarie, Vrydag 15 Januarie en Woensdag 20 Januarie by die Vodacom Kimberley Road Runners se klubhuis by Bishops Old Boys-klub tussen 18:00 en 20:00 gedoen word.

Op Vrydag 22 Januarie – die dag voor die wedloop – kan inskrywings tussen 17:30 en 19:00 by die klubhuis gedoen word.

Atlete kan hulself ook die oggend voor die wedloop van 04:00 tot 05:25 inskryf, maar daarna sal geen laat inskrywings aanvaar word nie.

Bel Gerhard Kruger by 082-499-5990 of Magda Oldewage by 083-676-0921 vir meer inligting oor dié wedloop.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
19% - 690 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
67% - 2389 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
14% - 485 votes
Vote
Rand - Dollar
14.15
-0.2%
Rand - Pound
19.96
-0.2%
Rand - Euro
17.19
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.01
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Gold
1,843.76
0.0%
Silver
27.42
0.0%
Palladium
2,894.50
0.0%
Platinum
1,229.50
0.0%
Brent Crude
68.71
+2.5%
Top 40
60,573
+0.6%
All Share
66,598
+0.7%
Resource 10
69,386
-0.1%
Industrial 25
83,277
+0.9%
Financial 15
12,685
+1.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo