Omstrede Jonas in hof

DANNY JONAS is ná sy hofverskyning in ’n polisievoertuig weggeneem.
DANNY JONAS is ná sy hofverskyning in ’n polisievoertuig weggeneem.

HOPETOWN. – Emosies het Maandagoggend (11/07) hoog geloop nadat Danny Jonas, burgemeester en kandidaat vir die
Economic Freedom Fighters (EFF), hier in die hof verskyn het op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Jonas (45) se verskyning het met ’n betoging deur ANC- en EFF-lede voor die hofgebou gepaard gegaan.

Hy het meer as ’n week ná die beweerde voorval die eerste keer verskyn. Jonas het op 3 Julie na bewering vir Ilse Windvoël (35) in ’n kuierplek in Hopetown aangerand.

Volgens haar tante, Linda Beerwinkel, was dit nie die eerste aanranding nie.

“Dié voorval het verlede Sondagoggend in ’n kuierplek gebeur. Sy vertel hy wou by haar aanlê, maar sy was nie daarvoor te vinde nie. Sy is met die vuis aangerand. Hy het haar gedreig om stil te bly.

“Reg en geregtigheid moet geskied. Ons is hartseer en baie teleurgesteld in hom. Hy is veronderstel om ’n leier te wees, iemand wat vroueregte moet beskerm. Hy is self ’n pa en boonop ’n getroude man.”

Jonas is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 29 Augustus uitgestel.

Nadat hy sy borgtog betaal het, het Jonas saam met EFF-lede voor die hofgebou verbygestap. Die ANC-ondersteuners was kort op hul hakke.

Vuyisile Mbangula, EFF-kandidaat, het gesê die party steun vir Jonas.

“Die reg moet sy gang gaan. Hierdie saak het niks met politiek te make nie, al betoog die ANC voor die hof. Hulle wil dit vir politieke voordeel misbruik.”

Die ANC se Clifford Moloto, wat ’n kandidaat vir wyk 1 is, sê hulle is ontevrede dat Jonas meer as ’n week ná die voorval eers in hegtenis geneem is.

“Ons verstaan hy het die slagoffer ook oor die telefoon gedreig dat sy moet stilbly. Ons wil seker maak die regte prosedures is gevolg. Hy moenie spesiale behandeling kry nie.”

Die vete tussen Jonas en die ANC het in 2011 ontstaan. Jonas is as ANC-raadslid met die hulp van opposisiepartye as burgemeester gekies. Dit was teen die instruksies van die party.

Hy is uit die ANC geskors en ’n tussenverkiesing is gehou, wat hy as onafhanklike kandidaat met die hulp van die opposisiepartye gewen het.

Sy openlike steun vir die EFF in die nasionale verkiesing in 2014 was ook ’n doring in die vlees van die departement van samewerkende regering, wat ’n mislukte hof- en appèlsaak teen hom gevoer het.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 9811 votes
It's four more years for Trump
53% - 11020 votes
Vote
ZAR/USD
16.38
(-1.31)
ZAR/GBP
21.28
(-0.88)
ZAR/EUR
19.26
(-0.96)
ZAR/AUD
11.54
(-0.07)
ZAR/JPY
0.16
(-1.44)
Gold
1876.32
(-1.48)
Silver
23.35
(-3.87)
Platinum
870.00
(-0.47)
Brent Crude
41.09
(+1.96)
Palladium
2231.48
(-3.18)
All Share
52308.14
(-3.28)
Top 40
47930.58
(-3.29)
Financial 15
10026.43
(-4.54)
Industrial 25
72862.13
(-1.98)
Resource 10
48131.41
(-4.51)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo