Operasie ’n eerste

Die pasiënt wat die eerste enkelpoort-
torakskopiese operasie in die nuwe Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley ondergaan het, kon ’n dag ná die operasie reeds opstaan en kort ente loop.

Margaret van Wyk (56) sê sy is bly dat sy dr. Diego Gonzalez Rivas, ’n wêreldberoemde Spaanse kardiotorakschirurg, toestemming gegee het om Woensdagaand (02/08) saam met Suid-Afrikaanse kardiotorakschirurge aan haar te opereer.

Rivas is wêreldbekend om sy nuwe metode om met een snit in die borskas ingewikkelde longoperasies uit te voer waar dokters voorheen die borskas moes oopmaak en die ribbes moes strek. Die ouer metode is ’n baie pynlike prosedure vir pasiënte en die hersteltydperk is langer.

“Die artse het ’n gewas van my longe verwyder,” vertel Van Wyk uit haar hospitaalbed.

“Dit is ’n klier wat gewoonlik in ’n mens se jeug verdwyn, maar myne het aanhou groei.

“Dit het so groot geword dat ek gedurig spierpyn in my bolyf en asemnood ervaar het.

“Ek het in Mei vanjaar boonste lugweginfeksie opgedoen. Toe die dokters na my x-straalplate kyk, het hulle besef die timoom is te groot. Dit kon moontlik kwaadaardig word en moes verwyder word.

“Dr. Richard Schulenburg het die unieke operasie met my bespreek. Hy het alles mooi verduidelik en my vrae beantwoord.

“Ek het toestemming aan dr. Rivas gegee om saam met dr. Schulenburg te opereer.

“Ek was ’n bietjie bang, omdat die operasie tussen die hart en longe uitgevoer word. Dit sou ook die eerste keer wees dat dit in die Noord-Kaap gedoen word. Natuurlik het ek die metode op die internet nagevors.

“Ek is baie bly dat ek ingestem het. Ek kan reeds opstaan en kort entjies loop. Ek voel goed.

“Die pyn in my spiere is reeds weg en ek haal makliker asem. Die operasiewond sal ’n rukkie neem om te genees. Ek hoop om binne twee dae huis toe te gaan.

“Ek verstaan dat ek baie vinniger as met gewone longoperasies gaan herstel. My herstel hang ook af van die uitslae van die toetse op die gewas.”

Van Wyk sien uit om na haar kantoor by die departement van maatskaplike ontwikkeling terug te keer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 906 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1702 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 9376 votes
Vote
ZAR/USD
15.21
(+0.91)
ZAR/GBP
20.31
(+0.88)
ZAR/EUR
18.08
(+0.71)
ZAR/AUD
11.19
(+0.24)
ZAR/JPY
0.15
(+1.06)
Gold
1807.64
(-1.54)
Silver
23.20
(-1.30)
Platinum
960.00
(+3.66)
Brent Crude
45.51
(+2.15)
Palladium
2340.00
(+0.48)
All Share
57761.92
(+1.08)
Top 40
53049.43
(+1.09)
Financial 15
11674.99
(+2.97)
Industrial 25
80126.12
(+0.26)
Resource 10
52568.48
(+1.54)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo