
Rugbygeesdriftiges het Saterdag (19/05) van ver gekom om ’n behoorlike fees van rugby by die Sivos-sportterrein in Kathu te beleef.
Een van die dag se hoogtepunte was die hoofwedstryd tussen die Griekwas en die Griffons.
In ’n taai stryd het die Griekwas daarin geslaag om die Griffons naelskraap met 38 – 37 te klop.
Maar die skare het albei spanne deurentyd ondersteun.Ander spanne wat ook groot rugbygees aangewakker het, was Sishen 1 en Upington Dorp 1 in die voorwedstryd.
Sishen 1 het Upington Dorp 1 in ’n weghol-oorwinning met 70 – 7 geklop.
Die spanne van Kuruman en Vipers het mekaar ook die stryd ná die hoofwedstryd aangesê.
Vipers het met 29 – 27 oor Kuruman geseëvier.
Die rugbyaanhangers het van so ver soos Upington en Postmasburg na Kathu gereis om hul gunstelingspanne te ondersteun.
Sishen teen Upington Dorp 1 se telling was 70-7. Sishen het gewen.