SPU groei met rasse skrede

PROF. YUNIS BALLIM, die vise-kansellier van die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley, verlede jaar tydens ’n ope dag by die universiteit se sentrale kampus wat tans nog onder konstruksie is. Volgens Ballim staan die universiteit se slaagsyfer vir 2015 op 75%.  Foto: Christiaan Cloete
PROF. YUNIS BALLIM, die vise-kansellier van die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley, verlede jaar tydens ’n ope dag by die universiteit se sentrale kampus wat tans nog onder konstruksie is. Volgens Ballim staan die universiteit se slaagsyfer vir 2015 op 75%. Foto: Christiaan Cloete

DIE Sol Plaatje-universiteit in Kimberley het sy tweede bestaansjaar met ’n slaagsyfer van 75% afgesluit.

Dit is nou wel ietwat laer as verlede jaar se 80%-slaagsyfer, maar volgens die universiteit se vise-kansellier, prof. Yunus Ballim, het die hoeveelheid studente wat in 2015 geregistreer is met 206 gegroei, vergeleke met die vorige jaar se 124 studente.

In 2015 was daar dus 330 geregistreerde studente by die universiteit en na verwagting sal die getal vanjaar na 800 geregis-treerde studente groei.

Dit sluit volgens Ballim 300 terugkerende studente en 500 nuwe studente in.

Soos met die studentetal, het die hoeveelheid dosente ook aansienlik gegroei oor die afgelope twee jaar. In 2014 was daar slegs 10 akademiese personeellede, terwyl dié getal meer as verdubbel het in 2015 tot 25 akademiese personeellede.

Volgens Ballim sal die universiteit se akademiese personeel in 2016 tot 45 groei om tred te hou met met die toename in studentegetalle.

Die kampus het ook aansienlik uitgebrei en volgens Ballim sal drie nuwe geboue op die sentrale kampus binne die eerste week in Februarie vanjaar in gebruik geneem word.

“Hierdie geboue sal lesingslokale, bykomende studentebehuising en administratiewe kantore insluit,” sê Ballim.

Hy het verlede jaar tydens ’n ope dag by die sentrale kampus wat tans ontwikkel word, ook verklap dat ’n kleinhandelruimte teen Februarie voltooi sal wees waar lede van die publiek toegang sal hê, ongeag of hulle studente is of nie. Die ruimte sal glo met ’n boekwinkel, rekenaarwinkel en doktersspreekkamers spog.

Volgens Ballim is daar reeds begin bou aan wat, wanneer voltooi, die universiteit se hoofbiblioteek sal wees. Soos met dié biblioteek sal ’n lesingslokaal en laboratorium op die William Pescod-kampus vanjaar voltooi word.

Die universiteit bied aan voornemende studente die geleentheid om in ’n BA-, BSc of B.comm rigting te studeer.

Studente kan nog vir hul studies by die universiteit registreer tot die tweede week in Februarie wanneer klasse amptelik begin.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 868 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1636 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8904 votes
Vote
ZAR/USD
15.37
(-0.12)
ZAR/GBP
20.51
(-0.09)
ZAR/EUR
18.21
(+0.01)
ZAR/AUD
11.26
(-0.36)
ZAR/JPY
0.15
(-0.05)
Gold
1827.52
(-0.44)
Silver
23.44
(-0.33)
Platinum
934.31
(+0.88)
Brent Crude
45.51
(+2.15)
Palladium
2327.48
(-0.05)
All Share
57588.85
(+0.77)
Top 40
52858.62
(+0.72)
Financial 15
11651.07
(+2.76)
Industrial 25
79981.13
(+0.08)
Resource 10
52213.11
(+0.85)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo